Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Definitief 'n plek waarna ons wil terugkeer. Binne in Meiringskloof geleë en omring met die Swartberg se koppe. Werklik asemrowende uitsig."
"Ons het nooit gehoor van Jacobsbaai nie, altyd net Paternooster, maar ons sal definitief altyd in Jacobsbaai bly, want dit is die mooiste klein plekkie. "
"De Rust en omgewing is van ons gunsteling plekke. Die dorp se inwoners doen moeite om dit aantreklik te maak. Ry gerus die agterpaaie, ontmoet die mense en besoek die padstalle en koop hul ware. Hier leef hul nog vir mekaar. Ons het die klein dorpies nodig en ons moet hul ondersteun."
"Ons besoek Hermanus vir baie jare al eenkeer per jaar en sal dit weer doen solank as wat ons kan."
"Ek hou van die plek. Sal weer kom kuier of as deurgang na Mosselbaai gebruik. Skilderagtig en baie veilig!"
"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
"Please ensure that lights and gas do not run out, very inconvenient, other than that we had a lovely stay."
"Ek beveel Voorbaai aan. Na my verblyf in Voorbaai sal ek nie sommer weer by Hartenbos vakansie hou nie."
"Doringbaai is 'n klein kusdorpie, net een handelaar wat als verkoop van brood tot brandstof."
"Dit sou help as hulle my voor die tyd laat weet het dat ons nie daar kon vertoef nie en nie op die dag wat ons daar aankom nie. Ek is eintlik teleurgesteld."
"Pragtig, skoon, veilig en "lekker" mense! Stil strand en "well manicured". 'n Heerlike plek vir siel en liggaam."
"Ons is mal oor Paternoster en sal beslis weer daar gaan vir vakansies in die toekoms. Interessante plekke om te besigtig: Tietiesbaai (Veral die Seekombuis restaurant), Stompneusbaai, Brittanica en Veldrif."