Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie aangename oornagplek, die weer is baie lekker en natuurlik 4 Sheep restaurant het puik kos en baie vriendelike personeel."
"Doringbaai is 'n bekoorlike en piepklein plekkie wat jy sommer tjop-tjop kan deurstap. Die ewe pragtige Strandfontein is ongeveer 7 km van Doringbaai geleë vir diegene wat die omgewing wil verken."
"To go out for dinner you have to know were to go, the centre is ot that cosy. For exploring the Cape, it is well situated. If you like to go for a drink in the evenings I would choose a different spot."
"Vir ons plattelandse mense is die stad maar effe raserig, maar ons kon met gemak aan die slaap raak en het heerlik gerus snags. Die ligging is heerlik sentraal en naby aan goeie winkelsentrums en die lughawe."
"As die natuur in jou are is, is 'n besoek aan die Karoo Nasionale Park ook die moeite werd."
"Bedrywige dorp, mooi geleë en het die nodige besighede. Pragtige padstal Kardoesie buite die dorp bokant die Piekenierskloofpas."
"Beautiful plek en lekker stil, veral buite seisoen, perfek vir daai ontspanning wat ons na gesmag het! Franskraal is lekker naby aan Hermanus en Gansbaai wat altwee net so mooi is!"
"Baie klein dorpie en daar gaan nie baie aan nie. So as jy net wil breek van besigheid in die stad dan is dit n perfekte wegbreek plek. Dis so rustig."
"Soveel om te sien en besigtig dan praat ek nie eers van die ongelooflike lekker restaurante nie! Enrico's restaurant is 'n moet besoek, van pizza tot vis is uit die boonste rakke!"
"Ons eerste keer op Lamberts en dit is 'n plek waarheen ons weer en weer sal teruggaan. Die plek het 'n regte rustige vakansie-gevoel gehad, self buite seisoen. Die mense is een van die grootste bates van die plek."
"Een van die lekkerste gesinsvakansie bestemmings in Suid-Afrika. Laat my altyd aan my jonger dae dink en daar is iets vir almal."