Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35758 resensies.

Strand, Wes-Kaap

Strandsig 407

"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "

Heroldsbaai, Wes-Kaap

Eddy Out

"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."

Riversdal, Wes-Kaap

Korentepoort Dam

"Baie oulike dorpie. Die restaurant by Die Dam/Kwekery was baie lekker."

Doringbaai, Wes-Kaap

Thornbay Accommodation

"Ek was nie bewus van die slegte grondpad van Lambertsbaai af nie. Ongerepte skoonheid en pragtige, skoon dorpie met baie vriendelike mense. "

Malgas, Wes-Kaap

Tides River Lodge

"Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie."

Montagu, Wes-Kaap

Klein Nektar Wine & Olive Estate

"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

Wagon Wheel Country Lodge

"Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie. "

Prins Albert, Wes-Kaap

Oppieplaas

"Love die dorpie en sy mense. Sou bitter graag permanent daar wou bly. "

Worcester, Wes-Kaap

Da Rooms Accommodation

"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."

Paarl, Wes-Kaap

Amberg Country Estate

"Paarl is beautiful and the locals are friendly."

Robertson, Wes-Kaap

De Hoop Cottages

"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."

Vanrhynsdorp, Wes-Kaap

Botuin Cottages

"Baie interessante klein dorpie. Is nogal nuuskierig om te weet hoekom hulle so groot korrektiewe eenheid in die middel van die dorp het. Kon wel uitvind dat dit meestal lyk na rehabilitasie en EBET-fasiliteite vir korrektiewe dienste. Aangenaam en skoon. "

Danabaai, Wes-Kaap

Garden Route Self-catering

"Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen. "

Plettenbergbaai, Wes-Kaap

Alkantmooi Private Nature Reserve Keurkloof Units

"Ken Plettenbergbaai baie goed. Het jare in Natures Valley vakansie gehou, dink dis een van die mooiste plekke met goeie weer en baie sentraal om te bly en ander plekke rondom te besoek. Al wat n mens seker vang is die verkeer. "

Citrusdal, Wes-Kaap

Bosrivier Campsite

"There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings. "

De Kelders, Wes-Kaap

Amazing Grace B&B

"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Altyd Tuis

"Alhoewel klein en ons tyd min was dit heerlik. Ons sal terugkeer daarheen."

Greyton, Wes-Kaap

Greyton Lodge

"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."

Groot-Brakrivier, Wes-Kaap

Wolwedans Guest Manor

"Dit het my hart gesteel ... wil nou so graag daar gaan bly."

Yzerfontein, Wes-Kaap

Grace's Getaway

"Yzerfontein is pragtig en rustig."

Stilbaai, Wes-Kaap

Die Hawehuis

"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."

De Kelders, Wes-Kaap

Royal Albatros

"Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels."

Velddrif, Wes-Kaap

Riviera Hotel & Chalets

"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."

Rawsonville, Wes-Kaap

Dwarsberg Trout Hideaway

"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."

Brenton-on-Sea, Wes-Kaap

65 Brenton Park

"'n Heerlike plek om te ontspan en na die see te staar."

Big Bay, Wes-Kaap

Seaside Village B24

"Dit is 'n baie mooi area en baie sentraal geleë."

Prins Albert, Wes-Kaap

Aandrus

"Moenie die pad na Klaarstroom (en Meiringspoort) mis nie. Pragtig!"

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Oppi Dam

"Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see."

Blad
Blad 1052 - Wys 31531 tot 31560
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang