Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ken Plettenbergbaai baie goed. Het jare in Natures Valley vakansie gehou, dink dis een van die mooiste plekke met goeie weer en baie sentraal om te bly en ander plekke rondom te besoek. Al wat n mens seker vang is die verkeer. "
"There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings. "
"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."
Great Brak River, Western Cape
Wolwedans Guest Manor"Dit het my hart gesteel ... wil nou so graag daar gaan bly."
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Ons is van Bela-Bela en, glo my, Mosselbaai is "WOW". Dis baie skoon en definitief veilig om in rond te beweeg."
"Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see."
"Veilig en nie overcrowded nie. Skoon see, fantastiese matige weer, skoon kusdorpie naby lughawe en tussen Mosselbaai en George. Heerlik om Tuinroete van daar af te verken!"
"Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!"
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."