Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo."
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "
"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
"Wind het die twee dae wat ons daar gebly het vreeslik gewaai en ons kon dit skaars buite waag."
"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."
"Glentana is 'n stil en veilige bestemming vir 'n gesinsvakansie. Net 10 tot 15 minute vanaf George-lughawe, die vulstasie en winkels by Groot Brak. "
"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "
"Naby Kaapstad, wynlande en ander besienswaardighede. Maklike toegangsroetes. Goeie restaurante en inkopiesentrums."
"Dit is 'n tipiese plaasdorp. Baie mooi ou huise wat netjies opgeknap is. Die Ou Meule het die lekkerste pasteie en gebak."
"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."
"Mooi area, maar nie veel om te doen in die nabye omgewing nie. Behalwe vir die see is daar nie veel ander buitemuurse aktiwiteite nie. "