Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Jacobsbaai is beautiful. Rustig en stil langs die see. Dit is 'n klein plekkie en voel of dit baie afgeleë is, maar dit is darem ook naby Vredenburg waar die nuwe Weskus Mall nou ook oop is."
"Die Weskus is die toekomstige vakansie-mekka in die Wes-Kaap. Hier is die mense nog plat op die aarde."
"Oulike dorpie, alhoewel hulle pryse oor die algemeen meer op die buitelandse toeriste van toepassing is en nie Suid-Afrikaners wat kuier nie. "
"Ons kom al jare in Hartenbos en hoe die hele strandfront verander het is iets om aan gewoond te raak, maar dit is seker vir veiligheid so verander, maar vir kinders is daar nie meer soveel om te doen soos vroeër nie. 'n Mens word nou gedwing om Diaz toe te ry vir vermaak."
"'n Mens kan nêrens op 'n Saterdagmiddag of Sondag wyn koop nie ... so moenie jou drinkgoed by die huis vergeet nie!"
"Wonderskoon en asemrowend as die son ondergaan en heerlik stil, maar definitief nie vir enige persoon bedoel nie. Ons wou hierdie paar dae eet, slaap, lees, stap, swem, maar ons kon dit nie doen by Mount Ceder nie. Jammer!"
Hemel-en-Aarde Valley, Western Cape
Hornbill House"Dis 'n mooi area as deel van die gewilde Hermanus."
"Die huis is in 'n goeie ligging tussen Mosselbaai en George, asook naby strande. 'n Goeie bestemming om dagroetes van hier af te kan doen. "
"Rustige plattelandse dorpie met genoeg om jou besig te hou en om die belangstelling te prikkel."
"Die Wildernis is nie meer so wild nie, maar dit het beslis sy rustigheid en bekoring behou. Dis 'n kuierplek vir oud en jonk wat die 'stadiger' kant van die lewe verkies."
"My siel kry kos in hierdie stil eenvoudige dorpies. As jy 7 ster-diens en -verblyf soek, doen dit êrens anders. Hier kom jy om te rus en om vis te eet. Muisbosskerm was lekker en die kos is uit die boeke. Ek sal beslis weer kom."
"Baie rustige dorpie vir rustige reisigers. As jy meer vermaak soek, is Hermanus net 3 km ver."
"Jacobsbaai is die perfekte plek om tot rus te kom. Baie mooi, klein en rustig, daar is nie restaurante nie, so jy moet self jou kos saambring."
"Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens. "
"Do the walk to view the San paintings and the drive to Wuppertal (gravel road). The views are breathtaking!"