Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
"Lekker vakansie-dorpie veral as jy die mooi strandmeer kan gebruik vir roei, bootry, visvang, ens."
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"Nog ontwikkeling nodig, met winkels baie beperk (moes Vredenburg toe ry vir 'n swembroek). Maar as jy stilte soek is dit ideaal."
"Heerlik geëet by die plaaslike restaurant Nautical South. Lieflike strand en rustige omgewing."
"Langebaan is a wonderful holiday destination especially for your kite surfers. But also for people who love nature and the outdoors. One of my favourite places on the West Coast."
"Nie tyd gehad om lank daar te verwyl nie maar weet 22 Watervalle is die moeite werk om te besoek. Het 'n restaurant op 'n Sondagaand gemis."
"Pragtige plek. Het ons net vasgeloop met winkels wat 19:00 toemaak, maar Malle Madonna het ons voorsien van vriendelike diens en 'n heerlike ete."
"Lambertsbaai het meer om te bied as wat mens dink! Die bekende seekos-restaurant Muisbosskerm is daar, en verseker die moeite werd. Die kos was uitstekend, vars en smaaklik en om so na die see te kyk terwyl jy aan die vars vis eet, was regtig 'n wonderlike belewenis."
"Greyton is a lovely town for a Saturday morning meander. We bought some smoothies, lemonade, glycerine soap, and just enjoyed the lovely atmosphere. Weather was hot though! "
"Vredenburg is redelik sentraal geleë om te dien as staanplek vanwaar ander besienswaardighede aan die Weskus besoek kan word."