Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Was nog altyd een van ons gunsteling bestemmings vir 'n heerlike Kaap-see-vakansie! Baie veilige area en wonderlike swemstrand."
"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
Voor-Paardeberg Wyn Wyk, Wes-Kaap
Lady Loch Guest House"Lieflike area, met Paarl naby en historiese besienswaardighede."
"Daar is by my geen twyfel nie - die Swartbergpas moet van Noord na Suid aangepak word."
"Rustig, pragtig, beslis 'n aantreklike toeristebestemming."
"Beste dorp in die land met die meeste besienswaardighede. Skoon strande, avontuur water park, leeupark, olifante, leeus, wynplase."
"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "
"Wind onvoorspelbaar soos wat die Kaap maar is maar die pragtige uitsig en omgewing maak definitief op vir die dae wanneer die suid-ooste wind sy spiere wys. Die strandjie is privaat en nooit oorvol nie. "
"Knysna was soos altyd 'n baie lekker plek om te wees. Die twee eilande op die meer versper ongelukkig die koppe en jy is geforseer om daarnatoe te ry om dit te sien. Die plakkerskamp by die ingang van die dorp is egter nie lekker vir toeriste om te sien nie."
"Die mense van Oudtshoorn is vriendelik en dit was lekker om in die straat te loop en jy word gegroet. "
"Te besig in Desember seisoen. Glad nie vir toeriste wat op soek is na rustigheid nie. Verkeer is 'n riller!"
"Sal beslis weer hiernatoe kom as ek 'n kans kry. Daar is nog so baie wat ek wil sien en doen!"
"DIE HEEL BESTE PLEK OM TE WEES. NABY ALLE GOEIE BESIENSWAARDIGHEDE, KAAPSTAD EN DIE LUGHAWE."
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
"Glentana is very beautiful. The people are friendly. Four seasons in one day can be expected."