Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie sentraal geleë met heelwat toeriste aantreklikhede in die dorp asook in die omgewing."
"Toegangsgelde by sommige plekke is bietjie rof, maar daar is wel by sommige plekke pakette wat gekoop kan word wat dit meer bekostigbaar maak. Pragtige omgewing met baie te doen en te sien. "
"Baie mooi en skoon dorp met 'n lekker vakansie atmosfeer, menige kuier- en eetplekke en 'n pragtige, veilige strand."
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"
"Pragtige plek wat baie uitgebrei het. Ons het 'n 3 nag sessie bespreek in die Bon Hotel vir Desember 2015."
"Klein dorpie - het nie eintlik met omgewing mense gemeng nie, behalwe vir ete by Spur wat baie aangenaam was nie. Die Karoon Nasionale Park naby die dorp is 'n groot pluspunt vir die dorp - jammer hulle tariewe is bietjie buitensporig."
"Bellville is 'n pragtige groot dorp. Dit was ook baie sentraal vir al die plekke wat ons besoek het. Dit is ook lekker naby die lughawe."
"Hebben er rond gereden. Was heel leuk, maar om te wandelen is het te heuveichtig en te steil voor ons wat oudere mensen."
"This is a real funky town and we were so impresssed with all the quirky people that we met. The sunset was amazing."
"Pragtige berge en natuurskoon en dan ook is die trambusse 'n moet. Ons was nou al op beide die rooi en blou roete gewees en het dit baie geniet. Sal oor en oor wil teruggaan want Franschhoek is 'n pragtige dorpie met baie lekker eetplekke. Leopards Leap se kos en wyn is uitstekende waarde vir geld."
"Die Sceurfontein padstal 50 km anderkant Beaufort-Wes is 'n moet stop. Ons het ontbyt daar geëet en allerhande hangemaakte artikels besigtig asook heerlike skaapwors, vleis, pasteie en ingelegte goedjies teen baie billike (bekostigbare) pryse aangekoop. Moenie verby ry nie."