Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."
"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."
"Op de website lijkt het veel minder mooi dan de werkelijkheid! Prima overnachtingsplek voor een of meerdere nachten!"
"Daar is nogal heelwat om te doen in die plek, sal volgende keer 'n dag of wat oorbly om die museums, onder andere een van Chris Barnard, die hartpionier se huis, te sien. Daar is ook 'n antiekwinkel en ander winkels wat dalk 'n besoek werd is en ek kan beslis die eetplek 4 Sheep aanbeveel waar jy regte Karooskaap kan eet en dan lekker kan gaan slaap!"
"Robertson is a gem. The wines available in the area are fantastic, the town is adorable and wine tasting is free unlike most other regions in the Cape. Although it's further from Cape Town it's a lovely town to spend a weekend away. "
"Lots to do, wine farms, mountains, river and tractor outings, not to be missed."
"Die strand is baie vuil gewees met rommel ens maar dis 'n mooi strandfront."
"Dis eintlik 'n plek wat die besoek werd is. Daar is onder andere 'n museum vir Chris Barnard, die hartpionier, wat daar gebore is en 'n paar snuffelplekkies waar mens kan geld uitgee! Die 4 sheep eetplek se kos is ook baie lekker en is 'n gawe alternatief as mens elders wil eet teen 'n baie billike prys. "
"Mooi en interressante dorpie. Heelwat om te doen in omgewing. Verbasend goeie restaurante."
"Barrydale is maar 'n redelike one-horse town - so OK vir 'n middagete of oorslaap maar dis ongeveer dit."
"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."