Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"
"Was te kort daar om 'n ingeligte opinie te gee. Loop 'n bietjie rond in die dorp. Dit lyk tog of daar hier en daar 'n verrassing kan wees."
"Greyton is in 'n ongelooflike mooi vallei geleë en die dorp self is seker een van die mooiste wat ek nog gesien het. 'n Verskeidenheid van interessante eetplekke om van te kies en genoeg vir die hele familie om te doen."
"Hul rol die strate op op 'n Sondagmiddag/aand...geen behoorlike eetplekke nie. Maar die see en omgewing is pragtig, en die dorpie prentjiemooi..."
Stellenbosch Central, Western Cape
Roosenwijn Guest House"A wonderful town, with a fabulous vibe. Steeped in history."
"Mcgregor is 'n verrassing. Dis n pragtige, skoon en rustige dorpie. Die geluide van die dorp is so pragtig."
"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."
"Absolutely loved St Helena and planning on retiring there. What a safe haven with unspoilt beauty all round and a beautiful, friendly community."
"Sentraal geleë en die rustigheid sal jou altyd laat stop al is dit net vir 'n koppie koffie."
"Wil dit nog bietjie meer "explore". Behou sy pragtige wit(huiskleur) karakter."
"Stellenbosch is 'n baie besondere en karaktervolle dorp vol geskiedenis."