Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Ek kom te min in die area, maar na my mees onlangse ervaring sal ek definitief meer in die gebied wil kom. Daar is onverwags baie om te doen in die omgewing!"
"Vredenburg itself is a good stepping stone for surrounding destinations eg. Saldanha, Jacobsbaai, Paternoster etc."
"Sommer lekker warm! Maar skoon en die natuur hier is pragtig, die ry tussen die berge deur op pad Cango is asemrowend mooi."
"Daar was 'n kragopwekker wat saans beurtkrag verligting voorsien het. Ons was baie dankbaar!"
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"
"Pragtige omgewing met al die sitrus- en ander boerderye, lekker vrugte, interessante padstalle, naby die Sederberge."
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Mooiste strand wat ons in 'n langtyd besoek het - met die Breederivier wat ook daar is. Baie plek om te stap en te verken. Goeie restaurante, heerlike kabeljous geëet by Anchorage."
"Dit het alles wat jy nodig het en is naby aan al die mooi plekke om te besoek."
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."