Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"As jy eers in Plettenbergbaai was, sal jy graag weer en weer wil gaan."
"Dit was 'n ervaring en ons het dit baie geniet, behalwe dat dit die hitte-naweek was."
"Baie interessante area met baie geskiedenis. Die enigste probleem is dat werkers/eienaars/bestuurders in restaurante en winkels nie baie vriendelik is nie, mense kom baie bot voor. Ons het eers gedink dit is net die een plek maar na die die derde winkel/restaurant met selfde ondervinding het ons besluit dat die mense in Agulhas besoekers in die dorpie as 'n oorlas beskou. 'n Glimlag kos niks en daardie besoekers is hulle eintlike inkomste ─ sonder toeriste sal hulle dalk nie 'n bestaan maak nie."
"Gansbaai has developed into a positive and great mini-dorp! There is everything for anyone. People are friendly and you have De Kelders, Gansbaai, Pearly Beach, Elim and Bredasdorp as choices to visit as well."
"Ken die wêreld van Plettenbergbaai tot Mosselbaai baie goed ─ het as kind daar vakansiegehou en nou as gesin. Kan nie verkeerd gaan nie, wonderlike besienswaardighede, al reën dit, is daar altyd iets om te doen of as jy wil, niks om te doen. Die ligging is uitstekend tussen George en Mosselbaai en ook regtig nie ver na Knysna, Wildernis ens nie."
"Cape Town has something amazing to offer for every type of traveler, the options are endless."
"Baie beïndruk met die winkeltjies en eetplekke op die dorp. Besoek graag Tredici, Grace + Merci en La Sosta, asook die Saterdah Under the Oaks mark."
"Straatname op sypaadjies moet elke November oopgeknip word. Verder is dit 'n wonderlike vakansieplek."
"Ons was vir die 1ste keer in Paarl en ook by die Afrikaanse Taalmonument. Wat 'n voorreg. Ons gaan vir seker weer hier kom draai."