Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die Swellendam inskrywing vir Kwêla se “Dorp van die Jaar Kompetisie” het my daarheen gelok. Dit het baie hoë verwagtinge geskep, waaraan nie heeltemaal voldoen is nie."
"Yzerfontein is die ideale vakansiebestemming, alles wat jy nodig het is net ’n klipgooi weg en ons het vreeslik baie geleer oor Yzerfontein en die area se ryk en interessante geskiedenis."
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Vir gewone reisigers is dit ’n top ligging en goeie waarde. As jy nie vervoer het nie stop openbare vervoer voor die deur wat jou tot in die stad neem. Vir besigheidsreisigers wat met werksure moet rekening hou kos dit fyn beplanning met die spitsverkeer."
"’n Lekker dorp, vriendelike mense en boonop praat baie mense Afrikaans."
"Besoek Die Damhuis in Melkbosstrand. Geskiedkundige gebou en restaurant. Besoek Kirstenbosch Botaniese tuin met sy canopy walk, sowel as die Aquarium, V&A Waterfront."
"Diverse bestemmings. Kan by die see ontspan, wildkyk, stilte ervaar in die berge. Watookal jou behoeftes, die Wes-Kaap beskik oor die perfekte bestemming."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Baie netjiese en skoon omgewing. Alle geriewe is binne 5 minute se ry beskikbaar. Lekker, ontspanne, vriendelike atmosfeer."