Geverifieerde Resensie
Wild Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1081 resensies.
"Dis lekker vir gesinne wat wil wegkom van die gejaag. Kinders kan perdry, op die strand speel en daar is nie 'n oorvloed van mense nie."
"Lots to see and experience in shopping malls, restaurants and activities. Even further, there's always a nice beach probably not longer than 20 minutes away. "
"Koffiebaai is 'n ongelooflike mooi plek en die natuur is asemrowend. Jy moet egter baie goed voorbereid gaan, alhoewel die naaste winkels net 20 km ver is, ry jy omtrent 'n uur aan die 20 km weens baie slaggate asook diere. Die natuur is egter so mooi dat dit alles die moeite werd maak. Die geheim is om goed voorbereid te gaan, nie luuksheid te verwag nie en alles moontlik saam te vat, aangesien daar nêrens vleis en luuksheid te koop is in Koffiebaai self nie. Daar is wel spaza-winkels waar die broodnodige soos vars brood, koeldrank, hout en vuuraansteekers gekoop kan word. Dit is voorwaar die moeite werd en 'n plek wat jy op jou ticklys kan sit en een vir die boeke!"
"Ruim, luuks en voorwaar 'n huis weg van jou huis af. Gaan rus en verken hierdie pragtige plek en gasvrye mense."
"Oos-Londen self sal ek nie aanbeveel nie, maar die strandjies rondom is heerlik ongerep en die mense is baie vriendelik."
"Ek gaan vir seker weer Oos-Londen besoek. Strande is skoon, vriendelike mense en waarde vir geld."
"Baie meer om te doen as wat ek verwag het! Lieflike staproetes met die mooiste natuurskoon!"
"Vuil en gevoel van onveiligheid. Bly ons het Hole in the Wall gesien, maar sal nie weer teruggaan soontoe nie."
"Cintsa is a wonderful spot on the coast - not crowded, a lagoon perfect for kids and a great little deli that serves amazing pizzas. "
"Had some nasty weather days. We really should've stayed longer to enjoy the beach!"
"Die ou dorpie self is beslis besig om agteruit te gaan. Dis maar morsig en onversorg. Die informele gekuier langs die rivier naby Port Alfred Sands is ook nie lekker nie. Daar is party dae nie plek om verby te kom strand toe - met al die mense en motors wat daar staan nie."
"Gonubie is 'n uitstekende vakansiebestemming. Ons het na Oos-Londen gery vir 'n daguitstappie, maar was baie teleurgestel oor die algemene swakkerige toestand van die stad."
"Gonubie en ander gebiede soos Morgansbaai baie aangenaam, maar Oos-Londen vuil en verwaarloos. Sal verseker nie daar gaan bly nie."
"East London city is run down and stuck in a time warp. There has hardly been any development in the city since I left in 1978."