Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1932 reviews.
"Rustig in die natuur met voldoende plaaslike verskaffers vir basiese dag tot dag aankope."
"As jy wil wegkom van die stad met sy uitdagings, ry Marloth Park toe. Ongekende vrede en bosveldskoonheid omring jou. Diere wat vrylik rondloop, ons gaan beslis weer terug."
"Ek geniet my tyd in Marloth, maar die hoeveelheid ontwikkeling wat huidiglik aan die gang is laat die dorpie soos 'n "construction site" lyk en voel."
"By die ingangshek is geen kontrole nie, almal ry / loop net in sonder om besoekersregister te teken of geen voertuie wat "gescan" word nie. Wild is baie mooi wat ons gesien het, asook die roete langs die rivier."
"Ons gaan nie weer Marloth besoek nie. Dis ver om te ry en die ervaring is baie reel georiënteerd. Daar is baie ontwikkelinge met geraas en kontrakwerkers. Verseker nie meer 'n stil wegbreek bestemming nie. Die restaurant, drankwinkel en winkel was 'n ligpunt."
"Lekker wild. Kameelperd het voor my kar verbygeloop toe ek kruideniers gaan koop het. Na aan die natuur."
"Die grondpaaie is baie verweer en is nie aanbeveel vir standard hoogte motors nie, net bakkies of SUV's. Die Curio winkels is belaglik duur en het nie 'n groot verskeidenheid nie."
"Behalwe dat die reën seisoen nog moet begin kan duidelik opgemerk word dat die reserwe totaal oorbewei is, daar is net teveel diere, daar is absoluut geen gras nie. Ek merk dat talle inwoners die diere voer en nie net water gee nie. Die grondpaaie word duidelik nie geskraap nie, duidelik omdat ons reën seisoen nog glad nie begin het nie. So ek weet nie of ek regtig weer daar sal akkommodasie soek nie."
"Definitief die moeite werd om te gaan besoek. Goeie ligging as jy vroegdag al in wildtuin wil ingaan. Baie diere in daardie area."
"Dit is 'n heerlike plek om net rustig te sit en die natuur ten volle te geniet."
"Marlothpark self voel nie vir my so veilig nie. Daar is baie mense wat net daar ronddwaal, maar ons verblyf was wel veilig omdat dit chalets was, mense het rondom ons gebly. Daar is ook heelwat bourommel wat op baie erwe rondle, maar weereens was ons verblyfplek skoon en netjies."