Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1923 reviews.
"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."
"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "
"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."
"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"
"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."
"You can take walks around the area and view the non Big 5 wildlife that reside in this area."
"Beeldskone deel van SA. 'n Plek om op trots te wees!"
"Marloth Park voel vir my soos hemel op aarde. Ek is 'n buitelug mens en die omgewing in Marloth is absoluut fantasies! "
"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."