Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1930 reviews.
"Ongelooflike atmosfeer van vakansie en rustigheid. Interaksie met verskeidenheid wilde diere wat daagliks besoek is onbeskryflik."
"Dit is die derde keer dat ons in Marlothpark vakansie hou (min of meer dieselfde tyd van die jaar). Hierdie jaar was daar aansienlik meer mense teenwoordig in die park. Dit is opmerklik hoeveel ontwikkeling plaasvind. Daar is baie werkers besig en daar was ook baie meer besoekers as gewoonlik. Nie almal kom die spoedperk na nie en daar word harde musiek gespeel deur besoekers in hul moters en by hul huise. Ek is bly vir die dorp se vooruitgang, maar die mense wat luidkeels in die pad loop is steurend."
"Sal enige tyd mense aanbeveel om te gaan. Wonderlike plek om te ontspan en jou batterye te herlaai."
"Very friendly people in the shops, they stock everything you need. Atm's and petrol station (slow when the weekend is busy)."
"Die park self is groot en skoon, en het nie 'n tekort aan diere om te sien nie. Baie van die paaie is nie vir elke motor nie, maar met 'n bakkie of 4x4 sal daar nie probleme wees nie. Marloth is ook naby aan Die Krugerwildtuin wat 'n pluspunt is."
"Ons geniet Marlothpark. Hulle kan regtig aandag gee aan die pad wat teen die Wildtuin se draad afloop. Vir gewone karre is dit al onbegaanbaar."
"Sal beslis weer besprekings in daai area doen, om die diere daar te sien rondloop."
"Regtig 'n baie lekker, rustige plek, sal beslis aanbeveel vir diegene wat lief is vir bos."
"Was nie beïndruk nie. Daar is goeie plekke, maar baie plekke se eerste indrukke lyk maar nie goed nie. Paaie in baie slegte toestand en winkels swak en duur."
"Great plek, baie diere te sien. Winkels en restaurante kan duur raak, maar dit bly die moeite werd."
"Dit is uiters swak dat diere gevoer word in Marlothpark! Daar is konstant diere wat bedel vir kos. Daar is te veel lawaai, mens kry nie gerus nie! Toegang word nie behoorlik gemonitor nie en daar is hopeloos te veel mense wat daagliks daar rond swerf. Maklike toegang tot die Wildtuin. Dis omtrent al wat positief is omtrent Marlothpark."
"Ons geniet Marloth wegbreke altyd. Dit is lekker om bietjie in die bos te kan kom waar dit nog veilig is."