Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1923 reviews.
"I have been visiting Marloth Park since 2009 and it is a place that you don't get enough of because of the nature."
"Ek dink Marloth Park is 'n veel beter opsie vir verblyf as binne in die Kruger self. "
"Ons dink dis 'n belewenis om die diere so naby aan die huis te kon sien en dat ons ook 'n bydrae met voer kon maak en sien hoe die diere dit geniet. Dit was 'n heerlike warm naweek al was dit einde Junie. Dankie vir julle flink en vriendelike diens Lekkeslaap!"
"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."
"Great plek. Kinders voel veilig. Op 'n stap- of fietstog kon jy leeus, olifante, seekoeie en baie ander goed sien. Tuis het die sebras en koedoes en vlakvarke ons vermaak. Ongelukkig was die giraffes by 'n ander partytjie."
"Hou baie van Marloth Park, daar is reeds honderde toeriste wat die plek ken en gebruik. Dit is veral 'n goeie vertrekpunt na die Krugerwildtuin toe. "
"Ek stel voor om miskien by die ingang na Marloth Park 'n tipe inligtingsbord op te sit, na wat daar is en al die omliggende besienswaardighede."
"Beter kontrole by die hek, enige iemand kan net ingaan. Dit sal verseker dat daar minder inbrake sal voorkom."
"As ek eendag groot is wil ek ook 'n plekkie in die son hê en dit sal Marloth Park wees."
"Ons het nog altyd in die Krugerwildtuin tuisgegaan, maar Marloth Park is nou ons toekonstige Bosveld-bestemming."
"Ons kan Marloth Park aanbeveel as 'n toeristebestemming. Ligging is fantasties vir 'n dagbesoek aan die Wildtuin, maar ook beslis die moeite werd vir 'n kuier wat die Wildtuin uitsluit. Baie mooi uitkykpunte oor die Krokodilrivier. Besoek aan Leespruit natuurreservaat was effens teleurstellend. Ons het baie min wild gesien. "
"Ik vind het een heerlijk park en fijn dat er zoveel dieren zijn die je van dichtbij kunt zien. Fijn ook dat je echt aan het krugerpark zit. Alleen vind ik het niet schoon, veel troep en afval in het park en dat kan nooit goed zijn voor de dieren. Maar ik ga zeker nog een keer terug! "
"Dit is die plek waar jy wil wees wanneer jy rustigheid en naby die natuuur wil wees."
"Marloth Park is asemrowend, ek het dit terdeë geniet. Definitief 'n familie-bestemming."
"Het naast gelegen Lionspruit Park is eigenlijk niet geschikt voor gewone auto's. De paden zijn erg ruw en het is beter om een hogere auto te hebben. Wegens de droogte zijn er veel dieren verplaatst omdat er niet genoeg eten is voor hen."
"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
"Ons eerste besoek aan Hectorspruit. Mooi natuurlike omgewing met baie landbou-aktiwiteite."
"Die dorp is baie kleiner as waaraan ons gewoond is. Die nodige kruideniersware en brandstof is te kry. Meer as dit het 'n mens nie regtig in die bosveld nodig nie."