Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 436 reviews.
"Each time we go to Wilderness we find new places to explore, suppose that's what keeps us coming back for more!"
"Beslis nou een van ons gunsteling plekkies om te besoek, sien uit na ons volgende kuier daar. "
"Onontdekte juweel met baie meer fasiliteite as wat ek besef het. Uitmuntende eetplekke!"
"Wildernis bly ons gunsteling bestemming as ons daardie streek van die land besoek."
"Ons het al te vore in Wildernis tuis gegaan en dit so geniet. Dis 'n asemrowende plek met iets vir elke ou se belangstelling en 'n definitiewe moet op die toeriste lys."
"Dit is 'n ongelooflike mooi plek en het alles wat jy nodig het. Enige groot veranderinge sal die karakter van die dorpie en streek wegneem."
"Ek ken die plek nie goed nie. Ek sal egter weer in die omgewing wil gaan kuier. "
"Ons is mal oor Wildernis. Die mark op 'n Vrydagaand is baie lekker. Al die eetplekkies in die village is baie oulik en skep 'n besonderse atmosfeer. Ons eet altyd heerlik by Salinas op die strandfront. Mens voel altyd welkom in die dorp en ons geniet die rustigheid van Wildernis. Ons kom weer!"
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."
"Wildernis het iets van alles! See, woud, avontuur, geskiedenis, lekker restaurante, mense van alle paadjies van die lewe! "
"Dit was heerlik stil toe ons daar was maar in die vakansie seisoen is dit baie besig. Dit is waarom blyplek soos Beyond the Moon lekker is as mens meer stilte wil hê. Wildernis se natuurskoon is onbeskryflik en die strande pragtig. Daar is baie om te doen in die area. "