Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 389 resensies.
"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."
"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."
"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."
"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."
"Amazing, peaceful and definitely a place to visit if you need to relax away from the hustle and bustle of everyday life. "
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "