Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 368 resensies.
"Great place for a relaxed beach holiday, especially if you love fishing."
"Dit is 'n onverwagse stukkie eenvoud, met soveel rykdom om te bied. Die mense, staproetes en die see - veral tydens die teenwoordigheid van die walvisse, kan nie in geldwaarde beskryf word nie."
"Mooiste strand wat ons in 'n langtyd besoek het - met die Breederivier wat ook daar is. Baie plek om te stap en te verken. Goeie restaurante, heerlike kabeljous geëet by Anchorage."
"Wonderful whale sighting spot, 91 whales in bay today (aerial spotting), will definitely be back."
"'n Buitelander sal die view baie geniet en oorgenoeg waarde vir hulle geld kry!"
"Beautiful place, but not many amenities for non-boating visitors. Perhaps the area is best visited in summer."
"Witsand is my hartsplek. Hierdie keer het ons walvisse gesien. Ongelooflike mooi strand."
"Witsand is 'n vakansiedorpie, klein maar lekker, nie baie om te doen vir tieners nie, daar kan Witsand regtig iets aan doen. Die weer is die grootste faktor, maar dis natuur. Natuur is onvoorspelbaar, maar dis nogsteeds 'n wonderlike plek om na te gaan. Ek stel ook voor dat die locals meer vriendeliker moet wees, veral in die winkels. Beter bakens/boeie op die rivier sit. Dis vir nuwe mense met bote om die sandbanke mis te ry, volg Knysna lagoon se voorbeeld met die boeie. Ek gee Witsand 8/10, lekker plek."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."