Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 368 resensies.
"Witsand is waarskynlik ons #1 gesinsbestemming. Indien liggies en vermaak jou voorkeur is, hou verby, maar as jy meer natuurlike kwaliteittyd saam met jou gesin wil spandeer, dan is Witsand 'n uitstekende opsie. Walviskyk, visvang, duine hardloop en vis eet by Tekkies se restaurant is maar net 'n paar van die hoogtepunte wat ons weer en weer beleef wanneer ons Witsand besoek."
"Witsand is skoon geen besoedeling. Die ideale toeristebestemming as j wil ontspan die ongerepte natuur is beeldskoon."
"Pragtige, stil dorpie met die noodsaaklikste aangesien 'n mens ver van 'n dorp af is. Walvisse na aan die kus elke dag was 'n groot bonus."
"Sonder twyfel een van die land se beste kusplekke - en jy hoef nie 'n hengelaar te wees nie. Heerlike lang strand vir stap en dankbaar wees vir al die voorregte. Lekker eet- en kuierplekke, wonderlike voëls en natuurskoon en natuurlik, walvisse! Witsand gee mens weer vrede, vreugde en moed vir die stadslewe. "
"Baie stil in wintermaande. Min aktiwiteite of besienswaardighede, maar natuurskoon en strand baie mooi."
"Very quaint, quiet little town with the most friendly people. Lovely view from Pili Pili Restaurant."
"Fantastic place for fishing, relaxing and that peace of mind. Only 2 shops and one garage so make sure you have everything."
"Albei geriefswinkels kan dalk meer moeite doen om groter verskeidenheid produkte aan te hou om vakansiegangers te akkommodeer. Ons moes meer as 1 maal uitry Heidelberg toe vir nodige aankope. Sekere restaurante is buite seisoen gesluit of maak reeds vroegmiddag toe. Kon nie gaan aansit vir aandete. Haarsalon was sekere dae gesluit, en het dan net op bestelling kliënte gesien. Help glad nie inloop-kliënte nie, moes weereens uitry Heidelberg toe (wou net was en droogblaas, het my hairdryer by huis vergeet). Die Anchorage Restaurant is 'n ware juweel op die dorp. Was van 9 uur soggens oop tot laataand en bedien voortreflike etes, vanaf ontbyt tot aandete. Kos is heerlik. Eienaars en personeel baie gasvry en vriendelik. Het heerlik daar geëet en ontspan."