Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 719 reviews.
"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
"Pragtige plek en ons gaan gereeld soontoe vir 'n wegbreek-naweek. Mal oor die volstruise wat in die strate rondloop!"
"Yzerfontein is 'n wonderlike Weskus dorpie met mooi uitsigte en lekker staproetes. 'n Fantastiese nuwe Spar het oopgemaak met alles wat vars en lekker is. "
"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig het en uitstekend geleë op die Weskus-roete."
"Dit is 'n pragtige dorp, met lieflike strande wat gefokus is om die omgewing te bewaar. Die dorp en strande is skoon en veilig met gasvrye inwoners en/of personeel by die onderskeie besighede wat uitstekende diens lewer. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke wat maaltye van puik gehalte voorsit. Sal die dorp beslis weer in die toekoms besoek!"
"Baie vriendelike dorpie langs die Weskus met pragtige see en spierwit strande en duine. "
"Great beach town - with a lovely holiday atmosphere. It is very close to Cape Town which makes it a very attractive holiday destination. "
"Beveel dit aan vir enige persoon dis 'n wonderlike, rustige area. Alles is naby winkel, aktiwiteite en see. Sal beslis weer gaan. "
"Perfek vir wegbreek vakansietyd. Dis nie té besig nie, lekker om net te ontspan. Uitsigte is asemrowend. Beslis nuwe gunsteling vakansiedorp."
"Baie geleenthede vir in die natuur wees; veilige strand en baie staproetes. Genoeg besienswaardighede om te besoek. Ook voldoende besighede soos winkels, restaurante en koffiewinkels. Iets vir almal. Daar word baie gedoen om die gebied te bewaar, en veilig en skoon te hou."
"Awesome plek. Mooi ligging, pragtige strande, mooi rotse en 'n baie mooi skoon plek, wow!"
"Pragtige dorp en 'n plek waar mens graag permanent sal wil bly, nie net vakansie hou nie."
"My gunstelingplek om te gaan wegkruip vir naweek of bietjie langer. Altyd vriendelike mense en lekker om te gaan rus. "
"Dorp en strand baie mooi, skoon en netjies en die nuwe winkelsentrum, in aanbou, sal 'n groot aanwins wees vir die dorp."
"Yzerfontein is die perfekte wegbreek. Daar is soveel om te doen in en om die dorpie. Behalwe vir die lieflike strand, waar jy kilometers ver kan stap, is die dorpie nog nie so groot, dat jy van die rustigheid verloor nie. Mens voel veilig en kan net skoene uitskop en ontspan."
"Yzerfontein lyk nou soos 'n upmarket high-density behuisingsprojek, maar die permanente inwoners is vriendelik en gasvry, die natuur is asemrowend, daar is interessante stappies en oulike winkels en restaurante. "
"Skoon lug en pragtige see-uitsig. Net die beste om die gemoed te kalmeer na 'n besige jaar."