+22
Selfsorg in Umhlanga

210 Breakers

6 gaste

3 slaapkamers

5 beds

2 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 88 Lagoon Drive, Breakers, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

210 Breakers bied gerieflike selfsorgverblyf in ‘n drieslaapkamerwoonstel wat ideaal vir ‘n gesin is. Dis in die Breakers Resort in Umhlanga met toegang tot die promenade, die strand en die oord se tuin. Die woonstel word privaat besit en is eksklusief tot Breakers Resort.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 in 3 kamers. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en stort. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ‘n stort en toilet. Daar is ook ‘n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea, wat na ‘n stoep met stoepmeubels lei.

Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Die sitarea het ‘n TV met sekere DStv-kanale. Lugversorging is ook beskikbaar.

Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Daar is kelderparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste het toegang tot die hotelgeriewe, al word die woonstel privaat besit. Hotelgeriewe sluit ‘n ginmasium, internet-sitkamer, speelarea vir kinders, salon, putt-putt, restaurant en 3 swembaddens, waarvan 1 verhit is, in.

Die gewilde Umhlanga-promenade strek oor 2,5 km vanaf die Breakers Oord tot by die Malindi-kompleks in die suide. Die promenade is ideaal vir ‘n wandeling of om te draf. Dis ook naby winkels en restaurante.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
1.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Martin Geverifieer

Eiendomme 75

Resensies 248

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 88 Lagoon Drive, Breakers, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 210 Breakers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 6)
Bespreek

88 Lagoon Drive, Breakers, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddc5688b936bcb996d612610b52e1dcc6cb3084545cd6ca1f9fa33a71b910f304f250382afac6e6594a0218b91cac1425bf3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 88 Lagoon Drive Breakers 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.713514416014 31.092210190807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang