+33
Selfsorg in Parys

3023 Kingfisher

12 gaste

5 slaapkamers

7 beds

5 badkamers

  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 3023 Kingfisher Avenue, Parys Golf Estate, Parys, 9585, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

3023 Kingfisher is op die Parys Golf and Country Estate in Parys en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Die huis is ideaal vir gholfliefhebbers of gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek op 'n veilige landgoed.

Die huis het 5 slaapkamers met 'n uitsig oor die 17de gaatjie en is geskik vir maksimum 8 volwassenes en 4 kinders. Die 4 hoofslaapkamers het 'n balkon met 'n uitsig oor die gholfbaan. Daar is 2 slaapkamers wat elk lugversorging, 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed het. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en deel 'n badkamer met die vyfde slaapkamer. Die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens ideaal vir kinders. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die huis is met ‘n sonkragstelsel toegerus.

Die oopplan-kombuis is met 'n mikrogolf, Nespresso-masjien, gasstoof, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, wasmasjien en tuimeldroër toegerus.

Die leefarea het 'n gastetoilet, gemaklike sitkamerstel, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel. Dié area lei na 'n kuierarea met 'n etenstafel, TV, swembad en 'n groot binnebraai. Die huis het ook 'n braai-area buite.

Die landgoed het aktiwiteite soos gholfspeel, tennisspeel, Padel, fietsry, draf, visvang, kunsvlieghengel en voetslaan.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jana S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en alles wat ons nodig het! Baie dankie! Dit was die perfekte verblyf vir ons! Sal 'n perfekte huis wees vir 'n golftoer ook.
Nov 2025
Willie V
Saam met vriende
5.0
Die perfekte naweek-wegbreekplek met vriende. Bitter mooi huis wat ons (4 couples) perfek gepas het.
Sep 2025
Mariska C
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlik! Baie dankie vir 'n wonderlike wegbreek. Ons het dit baie geniet!
Aug 2025
Jannie L
Besigheidsreis
5.0
Rustigheid self. Ongelooflike lekker ruim huis, pragtige uitsig na rivier en golfbaan.
Feb 2025
Roelf M
Besigheidsreis
5.0
Lieflike woning met 'n gepaste uitsig! Ons het 'n heerlike naweek in die mooie omgewing geniet. Weereens dankie vir die gasvryheid.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nicole Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 3023 Kingfisher Avenue, Parys Golf Estate, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink 3023 Kingfisher het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 450
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 450
per nag (plek vir 12)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 450
per nag (plek vir 12)
Bespreek

3023 Kingfisher Avenue, Parys Golf Estate, Parys, 9585, Vrystaat

Sien kaart
  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e273db8a30b0a167b30e5f3bda626966b26ef56fe7bad069b84464783779ca017ad3468ba6d5e39102f922ba7de81caf88d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 450 per nag (plek vir 12) 43 5 1 5 3023 Kingfisher Avenue Parys Golf Estate 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.887481143944 27.473944880465

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang