4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 74 Marine Drive, Apartment 103, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Dié luukse tuinwoonstel is in die hartjie van Hermanus geleë. Die woonstel het uitstekende tuin- en see-uitsigte. Dit beskik oor 'n gerieflike leefarea met moderne toebehore in 'n stil omgewing.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die oopplan-uitleg het 'n moderne kombuis en ruim leefarea. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die hipermoderne kombuis is volledig toegerus met Miele-toebehore, 'n Nespresso-koffiemasjien en het direkte toegang tot 'n klein patio met 'n gasbraai. Die woonstel het skilderye deur die jong Suid-Afrikaanse kunstenaar Lionel Smit.
Albei slaapkamers is elegant versier en beskik oor afgewitte houtvloere, oorgenoeg kasruimte en en suite-badkamers. Albei slaapkamers en die leefkamer het volledige lugversorging en ondervloerse verhitting.
Die woonstel het direkte toegang tot die gemeenskaplike swembad, sondek met sonstoele en die tuin. Daar is nog 'n tafel en stoele wat alleenlik deur die woonstel se gaste gebruik word. Veiligheid is verseker te danke aan die sekuriteitsalarm, kluis en interkomstelsel. Daar is 'n onderdakparkeerplek en gasteparkeerplek op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Suzanne Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 32
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 74 Marine Drive, Apartment 103, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink 74 on Marine - Apartment 103 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
74 Marine Drive, Apartment 103, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang