4 gaste
1 slaapkamer
3 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 8 Ocean Drive, Salt Rock, Ballito, 4392, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
8 Ocean Drive is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang op die eienaar se eiendom. Dit is op die gewilde Ocean-rylaan in die kusdorpie van Salt Rock, Ballito, geleë. Dit is die ideale opsie vir 'n klein gesin wat die pragtige Dolfynkus wil verken, aangesien dit 100 m vanaf die strand is.
Dié knus woonstelletjie bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het lugversorging en 'n dubbelbed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die en suite-badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n enkelbed met 'n uittrek-matras, sowel as 'n TV met Netflix en die volle DStv-pakket. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Buite het gaste toegang tot 'n privaat binnehof met sitplek en braaigeriewe. Daar is ook 'n buitestort, wat ideaal is vir gaste wat vanaf die strand terugkeer. Aktiwiteite in die omliggende area sluit visvang, duik, branderplankry en gholf in. 'n Supermark en restaurante is stapafstand van die eiendom af en die naaste winkelsentrum is net 5 km weg.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Pat Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 8 Ocean Drive, Salt Rock, Ballito, 4392, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 8 Ocean Drive het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
8 Ocean Drive, Salt Rock, Ballito, 4392, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang