4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Albetros 904 is 'n pragtige selfsorgwoonstel op die 9de verdieping in 'n veilige strandfront-kompleks in Amanzimtoti. Hierdie stylvolle woonstel is geskik vir 4 gaste.
Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die 1ste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n dubbelbed opgemaak kan word. Die tweede badkamerr het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kamers het genoeg ingeboude kaste vir gaste se gerief.
Die kombuis is vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met genoeg sitplek waar gaste saam etes kan geniet. Die kombuis het alles wat jy sou nodig kry om etes te berei.
Die sitarea het gemaklike banke en 'n slim-TV. Let dat daar geen DStv is nie, maar wel WiFi met Netflix. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die Oseaan.
Die kompleks bied veilige en gratis parkeerplek vir 1 voertuig (nie onderdak parkering nie) en meer parkering teen 'n ekstra koste. Daar is twee hysbakke vir gaste se gerief en goeie sekuriteit.
Geen harde musiek, uitermatige geraas of partytjies word toegelaat nie. Rook is verbode in die woonstel. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Die woonstel is naby die Splash Water World, restaurante, vermaak en nog meer. Aktiwiteite in die area sluit voëlkyk, stap, fietsry, branderplankry en swem in. Die woonstel is 'n halfuur vanaf Ushaka Marine World en Durban sentraal. Daar is geen swembad nie..., die woonstel is so te se op die strand. Daar is braai geriewe in 'n geselekteerde gebied in die kompleks. Die kompleks is omring met palisades met 'n kontrole hek wat slegs deur die 24 uur wagte oopgemaak word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Magda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Albetros 904 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang