Barberton BnB
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bokstraat 17, Barberton, 1300, Mpumalanga
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 010 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Barberton BnB is 'n gastehuis in die skilderagtige, geskiedkundige dorpie Barberton, aan die voet van die Makhonjwa-berge. Dit is naby die suidelike ingang van die Krugerwildtuin.
Verblyf is beskikbaar in 5 gastekamers. Drie van die kamers het elk 'n en suite-badkamer en lugversorging, en die ander 2 kamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer. WiFi is oral in die gastehuis beskikbaar.
Die gastehuis het 'n braai-area, stoep, 'n tuin wat goed versorg is, 'n swembad en stoepmeubels waarop gaste kan ontspan. Elektriese heinings en hekke wat met 'n afstandbeheer werk verseker veiligheid. Daar is veilige parkeerplek vir voertuie.
Daar is baie aktiwiteite in die omgewing vir natuurliefhebbers en avonturiers. Dit sluit in valskermspring, perdry, mikrohelikopter-vlugte, voëlkyk, historiese wandelinge, die National Heritage Geotrail, bergfietsry en vierwielmotorfiets-roetes. Barberton het 2 museums, 'n erfeniswandeling, gholfbaan, eetplekke en koffiewinkels.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gwendolyne Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Bokstraat 17, Barberton, 1300, Mpumalanga
- Gaste dink Barberton BnB het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Barberton Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bokstraat 17, Barberton, 1300, Mpumalanga
- Geen kinders onder 18