Bondi Beach Unit B
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Warriors-weg, Shelley Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 595 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bondi Beach is die ideale strandfront-eenheid en spog met direkte toegang tot die strand. Die kompleks bied hope vermaak vir die jongspan en sluit 'n swembad, tennisbaan en klubhuis in.
Dié woonstel op die middelste verdieping het slaapplek vir 6 gaste met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die woonstel het 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens. Elke badkamer is met 'n stort ingerig en daar is ook 'n bad in een van die badkamers. Die slaapkamers en leefarea is met plafonwaaiers ingerig. Daar is lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Wasgeriewe sluit 'n wasmasjien en tuimeldroër in. Die eenheid het 'n omsetter sodat daar elektrisiteit is tydens kragonderbrekings.
WiFi is beskikbaar. Die sitarea bied gemaklike sitplek en 'n slim-TV waarop gaste DStv en Netflix kan stroom.
Die balkon het gemaklike sitplek en 'n tafel waar gaste hul maaltye kan geniet.
Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer. Bondi Beach is naby 2 winkelsentrums.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Gina Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 242
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Warriors-weg, Shelley Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Bondi Beach Unit B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Warriors-weg, Shelley Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal