Boulevard Bonanza
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - 3 Harley Street, Margate Boulevard, Margate, 4295, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Boulevard Bonanza is 'n privaat dakwoonstel in 'n woonstelkompleks in Margate. Die woonstel spog met 'n mooi see-uitsig vanuit die hoofslaapkamer, die leefareas en van die kombuis af.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea wat 'n kombuis het. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort en 'n dubbelwasbak. Daar is 'n koningingrootte-bed in die tweede slaapkamer en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Hierdie kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, waterfiltreerder, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Maaltye kan by die kroegtoonbank binne of op die balkon buite genuttig word. Die balkon word deur skuifdeure vanaf die kombuis bereik. Daar is lugversorging, 'n TV met DStv, 'n gemaklike rusbank, 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n kroegarea met 'n ysmasjien in die leefarea. Die woonstel het 'n ruim balkon met 'n see-uitsig en hier is oorgenoeg sitplek, 'n etenstafel vir buitelugetes, asook braaigeriewe.
Daar is 2 veilige parkeerplekke met toegang tot 'n hysbak. Die kompleks is naby die strand, restaurante, kroeë, klubs en winkels.
Die verblyf het 'n omsetter wat noodsaaklikhede in die geval van beurtkrag aanhou. Gaste kan sekere ligte gebruik, selfone laai, die TV en yskassie gebruik. Dit is belangrik dat gaste nie waaiers, die stoof of haardroërs tydens beurtkrag gebruik nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 96
Resensies 492
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 3 Harley Street, Margate Boulevard, Margate, 4295, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
3 Harley Street, Margate Boulevard, Margate, 4295, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang