4 gaste
1 slaapkamer
3 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 88 Lagoon Drive, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Breakers Resort Apartment 412 is langs die kus van Umhlanga Rocks geleë en bied gehalte-vakansieverblyf. Die gesinsvriendelike oord bied verskeie vermaak deur die dag en in die aand. Dit is net 60 m se stap vanaf die strand en die beskermde vleilandbewarea voetslaanroete.
Apartment 412 beskik oor 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens en is ideaal vir 'n gesin of 'n klein groep vriende. Hierdie ateljee-woonstel het ook 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die oord bied daaglikse vermaak langs die swembad, kamerdiens en 'n daaglikse skoonmaakdiens. Daar is 3 gemeenskaplike swembaddens, 'n klein waterpark, trampolien, speelkamer vir kinders, klimraam, vlugbalbaan, binnenshuise krieket- en sokkerveld, restaurant op die perseel en 'n heerlik buitesitkamer.
Breakers het 'n 24 uur-ontvangs en -sekuriteit en bied veilige en kelderparkeerplek.
Breakers Resort met al sy doendinge is die ideale vakansiebestemming vir 'n gesin langs Durban se kuslyn.
Dit is ook net 1 km vanaf lekker hooftoeristebestemmings, die Umhlanga Village en 1,2 km vanaf Gateway, een van die grootste winkelsentrums in Afrika.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Adam Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 40
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 88 Lagoon Drive, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Breakers Resort Apartment 412 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
88 Lagoon Drive, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang