+16
Selfsorg in Witrivier

Casa do Todos

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Dick V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2026

Rustig. Lekker ruim eenheid met 'n groot tuin tot jou beskikking. Volledig toegerus met alles en nog wat.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lezanne G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Beveel enige tyd aan! Baie lekker gebly! Lekker warm en veilige atmosfeer. Met 'n gasheer en vrou wat uit hul pad gaan vir jou!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alta D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2025

Fantasties. Ons het vir seker lekker gebly, alles was netjies en skoon. Baie mooi en gesellige plekkie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Prieur L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Apr 2026

Heerlike, gemaklike oorslaap plekkie. Ons het vir 4 aande heerlik gebly by Casa do Todos. Die geriewe is gemaklik, maar as jy wil kos maak oor 'n lang verblyf, gaan jy gefrustreerd raak. Als is daar, maar spasie is beperk met geen opwasgeriewe nie. Die gasvrou het egter elke oggend die skottelgoed kom haal, maar 'n klein wasbak, selfs by die buitestort, sal 'n groot toevoeging wees. Die slaapgeriewe is heerlik. Die trappe na boontoe is effe steil, so dis maar hoofsaaklik vir kinders en 'n heerlike den met 'n waaier. Die dubbelbed onder se dakwaaier raas effens, maar dis nie te erg nie. Die badkamer is fantasties met 'n heerlike buitestort. Die stoep was ons kuierplek. Heerlik koel met die groot tuin waar ons kon ontspan, boek lees en voëls kyk. Het ook vir ons ekstra koffie aangebied na 3 dae, asook 'n smaaklike pak beskuit met ons aankoms. Indien jy net een of twee aande oorslaap, is hierdie plek ideaal. Indien jy lank bly en elke dag rondry en nie groot kos wil maak nie, is hierdie plek ook ideaal. Alles in ag geneem, sal ek weer hier kom oorslaap. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Stephanie
Casa do Todos
Baie dankie vir jou mooi en deurdagte resensie – ons waardeer dit opreg dat julle jul ervaring so volledig gedeel het. Ons neem al julle terugvoer in ag, veral rondom die kombuisgeriewe. Dit is beslis deel van ons toekomsplanne om ‘n volledige kombuisfasiliteit in te sit wat dit nog gemakliker sal maak vir gaste wat langer by ons bly. Ons is baie bly julle het die tuin, stoep en verblyf geniet, en dit sal vir ons ‘n voorreg wees om julle weer te verwelkom in die toekoms!

Sulet L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Het baie lekker oorgeslaap. Rustig en ontspanne. Eenheid is gerieflik, netjies en skoon. Het die rustigheid geniet asook die mooi tuin. Gasvrou is baie aangenaam en behulpsaam. Sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Barend P
1 nag Gesin met tieners
4.8
Nov 2025

Baie gerieflik. Baie mooi. Netjies. Uitstekend. Baie gerieflik. Geniet die grasperk en die voëls buite.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hennie N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Mrt 2025

Gerieflik. Baie lekker gewees. Buite stort 'n welkome verandering.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jamie-lee N
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Cozy, tranquil and definitely a home away from home! Wow! This accommodation made our visit to Mpumalanga 10x better. It was peaceful, cozy, the host is such a lovely friendly person. She was helpful with everything, even washing our dishes. Definitely worth the price, and the host said a kitchen will be installed soon! Which will elevate the place even more. But overall 10/10 stay! Baie dankie.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlene V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Lekker ontspan in 'n pragtige plekkie in 'n rustige omgewing. Ja, baie lekker gebly. Lekker ontspan in die pragtige plekkie in die rustige omgewing, maar nog steeds met al die nodige geriewe tot jou beskikking.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Albertus J
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Dit was die beste gastehuis en verblyf waar ek nog gebly het. Sal weer daar bly. Wat 'n asemrowende ervaring! Dit was soos huis weg van jou eie huis, warm, vriendelik, skoon, netjies en Tannie het seker gemaak ek en my seun is elke aand veilig en mooi versorg. Sy het nooit gaan slaap nie voordat sy seker was ons is veilig tuis nie. Sy was soos my eie mamma gewees. Ek is so dankbaar gewees. In 8 dae wat ek daar gebly het, het sy seker gemaak ek verlang nie te veel na my eie huis nie. Die geselskap is van die beste, die gastehuis en Tannie en haar man is die beste in die hele land. Baie dankie dat Tannie so mooi na my en my seun omgesien het!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 4)
Bespreek

35 Yaverland Road, White River, 1240, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe13d754c201da998002c5e9b28c7d2acba4d88057d4efb590445ea3ff6c693b957e66a725f4d06109bbf419b9975d4a5c7c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense 21 5 1 5 35 Yaverland Road White River 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.324599105719 31.051974746734

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang