+24

Chestnut Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 103 Elephant Rock Eco Estate, R530, Mica Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R3 150 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Chestnut Cottage is 'n pragtige selfsorghuis op die Elephant Rock Eco Estate op die Olifantsrivier- en Makhutswirivieroewer. Die landgoed is tussen bekende natuurreservate soos die Krugerwildtuin, Balule, Timbavati en Klaserie geleë en is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek in die natuur.

Dié Laeveld-kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbakke, 'n buitestort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, plafonwaaier en lugversorging. Die tweede badkamer het 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Alle linne, handdoeke en toiletware word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n ketel vir die gasstoof, 'n skottelgoedwasser en eko-vriendelike skoonmaakmiddels toegerus. Die leefarea het 'n groot gemaklike rusbank, 'n TV met die volle DStv-pakket, 'n plafonwaaier en lugversorging. Die oopplan-leefarea en -kombuis lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, sitarea, ingeboude braai, swembad en 'n uitsig oor die bos.

Chestnut Cottage het sonkrag om die huis tydens kragonderbrekings van krag te voorsien. Gaste kan veilig gaan stap, fietsry en op 'n vang-en-vrylaat-basis by die nabygeleë dam visvang. Die landgoed is ongeveer 30 km vanaf Hoedspruit en 50 km vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nathashia S
Saam met lewensmaat
5.0
Exclusive and exceptional. We had an amazing bush getaway experience. Peace and privacy are definitely guaranteed. The cottage is well ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Oratile M
Saam met lewensmaat
5.0
My stay was amazing. The place is amazing. My partner and I had a great time. The house is beautiful and we'll definitely be back soon.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Thando M
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful. It was great, we will definitely recommend it to our friends. The weather was also great to swim.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Zinjiva H
Saam met vriende
5.0
Wonderful. It was really good. We really enjoyed the peace that was there from the nature and also saw some monkeys that were friendly ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Petronella E
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n pragtige plek. Definitief die waarde vir die geld werd. Ons het heerlik gebly en ons 40ste huweliksherdenking daar gevier.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Arno Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 103 Elephant Rock Eco Estate, R530, Mica Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Chestnut Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 150
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 150
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 3 150
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 103 Elephant Rock Eco Estate, R530, Mica Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA41fd52eb6b613cc6167e0741e25f76434ea879587632ec8d9abf12303ec778cd2d99fe46aed71543e777fd1c8209ebe50bee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 150 per nag, vir 4 mense 37 5 1 5 103 Elephant Rock Eco Estate R530, Mica Road 1380 Limpopo 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -24.177019642483 30.826415614628

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang