+28
Selfsorg in Hibberdene

Cowrie Cove 3

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Evert V
Lang verblyf
5.0
Mrt 2026

Wonderlike Familie Vakansie!! Sal beslis weer hier wil tuisgaan!!️. Wanneer ek terugdink aan ons vakansie by Cowrie Cove 3 vanaf 09–18 Maart 2026, voel dit asof my hart nog steeds daar op die Suidkus se warm sand lê. Van die eerste oomblik af was alles eenvoudig, gemaklik en gevul met daardie seldsame gevoel dat dinge net reg gaan uitwerk. Die bespreking op die webtuiste was ’n briesie — vinnig, glad, sonder enige drama. Die pensioenaris-afslag was ’n seën, en dit het sommer die toon gesit vir ’n vakansie wat van begin tot einde soos ’n geskenk gevoel het. Die kommunikasie met Tersia en Erika was van die beste wat ek nog ervaar het. Vriendelik, menslik, opreg. Toe ons in Hibberdene stop en die dame reeds by die hek staan en wag met die sleutels, het ek geweet: hier gaan ons tuis voel. En dit het ons. Sy het ons verwelkom asof sy ons al jare ken, alles mooi verduidelik en seker gemaak ons is gemaklik en ingelig. En toe stap ons in die eenheid in… Wat ’n juweel! Ons was baie beïndruk met hierdie eenheid. Dit het omtrent alles beskikbaar wat ’n gesin sou benodig vir ’n lekker seevakansie. Volle 3 slaapkamers met 2 badkamers. Daar is ’n bad en ’n stort beskikbaar in die badkamers. Die stort is nie hoog teen die muur nie, maar dit is nog steeds baie gemaklik om te gebruik. Alles in die eenheid is presies soos dit gemeld word op die die webtuiste-advertensie. Die eenheid is baie ruim. Ons was ’n gesin van 6, en daar was genoeg spasie om lekker te kuier. Die uitsig vanaf die balkon is asemrowend. Ons het menigmaal op die balkon gesit en die mooiheid van die see en natuur waardeer. Die vroeë sonsopkomstonele is soos ’n sprokiewêreld. Beslis baie ontspannend as mens lekker wil saamkuier en ontspan by die see. Die kompleks is baie stil en privaat. Ons gesin was amper die enigste persone by die kompleks gedurende ons 9 dae se verblyf. Die kompleks het ’n baie mooi, skoon swembad om lekker af te koel as dit warm word. Ons het beslis die Hibberdene-hoofstrand baie geniet. Gewoonlik het ons as gesin vroeg in die oggend gegaan om voete nat te maak, so 08:00 se kant. Meeste van die dae was ons die enigste baaiers op die strand. Hibberdene-strand is ’n Blouvlagstrand met lekker branders om in af te koel. Mens kan met laagwater diep inloop om die branders ten volle te geniet — ’n groot sandbank. Daar is ook lewensredders en haainette by Hibberdene-strand. Die eenheid het gratis, betroubare WiFi beskikbaar. Ons het vele programme op die groot skerm Smart TV geniet met die hulp van die fiber-WiFi-router. Daar is dakwaaiers in die kamers en ook in die sitkamer. Dit help beslis om die kamers af te koel en die bedompigheid van die Suidkus weg te waai. Ons het net 1 dag bietjie reënweer gehad gedurende ons verblyf. Die ander dae was ons geseënd met wonderlike mooi weer — net reg om te swem. Nog ’n groot pluspunt om hier te bespreek, is dat jy nie hoef te ry strand toe en winkels toe nie. Alles is binne kort loopafstand van hierdie eenheid. In Hibberdene is die Pick n Pay en die Spar reg oorkant mekaar en seker minder as 100 meter van hierdie eenheid. Mens kan sommer vinnig brood en melk gaan koop. Een van die belangrikste redes hoekom ons hierdie eenheid gekies het om in tuis te gaan, is weens die feit dat dit troeteldiervriendelik is. Ons 2 hondekinders wat saamgegaan het, was vol vreugde oor die lekker groen grasperke. As die natuur roep, tel mens dit net eenvoudig op en gooi weg. Dit was hulle eerste besoek aan die see. Ons het ’n Pekingese en ’n Poedel. Daar is ook in die kompleks heelwat wilde katte wat die muise en slange weghou van die gaste. Nog ’n groot pluspunt van hierdie eenheid is dat daar van 18:00 tot 06:00 ’n sekuriteitswag die hele kompleks patrolleer. Dit laat mens selfs nog meer veilig voel. Hibberdene is ’n baie rustige seejuweel wat baie mense nie eens van weet nie. Die eenheid is baie rustig, met lekker skuifdeure in die hoofslaapkamer en sitkamer om die koel seelug in die eenheid in te bring. Die eienaars het beslis hul kunstige sy gewys met al die ekstra versierings wat in die eenheid geplaas is — van ligtorings en ’n groot verskeidenheid kerse en kunsstukke tot die mooiste muurdekor. Die eienaars het aan die gerief van hul gaste gedink toe hulle elektriese benodighede gekoop het vir die eenheid se kombuis. Daar is ’n moderne 4-plaat-induksiestoof wat beheer word met ’n touchscreen-glasblad. Daar is ook ’n baie nuttige thermofan-oond, wat ons beslis getoets het om ’n heerlike koek te bak. Dit vat ’n rukkie om gewoond te raak aan die touchscreen-kontroles vir die stoof, maar later gaan dit heelwat makliker. Gaste hoef ook nie bekommerd te wees oor hul vuil wasgoed nie. Daar is ’n nuwe LG 9 kg frontloader-wasmasjien wat soos ’n droom werk. Die vinnige wasprogram vat maar net 30 minute om klaar te maak. Daar is ’n wasgoedrak om goed op die balkon te sit. Daar is ook wasgoeddrade beskikbaar as daar heelwat wasgoed is. Ons het lekker een aand gebraai by die beskikbare braaigeriewe. Daar is ’n R1000 skade-deposito wat vooruit betaalbaar is. Dis maar net om te verseker dat enige skade gedurende die besoek gedek kan word. Hierdie deposito word terugbetaal sodra Erika die eenheid nagegaan het en as daar nie enige skade was nie. Soos julle kan sien, dit is beslis die moeite werd om vir julle volgende beplande vakansie by Cowrie Cove 3, Hibberdene, te bespreek. Julle sal beslis verras wees oor die lekker vakansie-eenheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Margareth J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2026

Dit was 'n lieflike vakansie saam my man en kinders. Dit was waarlik die mooiste plek, gerieflik, groot met die mooiste see-uitsig. Ek sal enige tyd terug. Die eienaar en gasvrou was so vriendelik en behulpsaam, geen onduidelikheid oor enigiets nie. Als was so mooi georganiseer, die blyplek was skoon en baie netjies met die gemaklikste meubels, als was tot ons beskikking wat ons kon nodig kry. So baie dankie vir julle lieflike plekkie wat ons in kon bly. Ek sal die plekkie vir enige iemand voorstel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Margareth, julle was wonderlike gaste. So bly dat julle dit geniet het. Julle is altyd welkom. Seënbede vir 2026.

Ronel V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2025

Fantasies - ons gaan definitief weer in Cowrie Cove 3 vakansie hou! Ons het baie lekker gebly! Vir seker een van die beste vakansies wat ons aan die Suidkus gehad het. Ons is ’n gesin met twee tienerseuns en ouma. Die ligging van die eenheid is heerlik, naby die strand en winkels. Die uitsig van die sitkamer, hoofslaapkamer, asook die ruim onderdakstoeparea, is ongelooflik mooi. Die tuine in die kompleks is pragtig en die strand slegs ’n klipgooi weg, met mooi rotspoele en ’n lang, skoon stapstrand, met die veilige swemstrand reg langsaan. Die eenheid is pragtig en gerieflik gemeubileer, met ’n lieflike kombuis wat ten volle toegerus is. Die breekware, eetgerei en toestelle is van hoë gehalte. Wi-Fi is ingesluit en ’n groot TV maak fliekaande baie lekker. Baie dankie aan Tertia, wat heeltyd beskikbaar en baie hulpvaardig was. Die bespreking deur die webtuiste was vinnig en maklik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Ronel, julle was die wonderlikste gaste. So bly dat jul die vakansie geniet het. Julle is altyd welkom. Kan nie wag vir jul volgende kuier nie. Mag jul 'n baie geseënde 2026 ervaar.

Bianca S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2025

Fantasties. Baie lekker, sal weer teruggaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nadia N
Kort verblyf
5.0
Sep 2025

Beautiful sea view. We enjoyed our stay. The neighbours were friendly and helpful. I would recommend Cowrie Cove if you want a getaway with a beautiful sea view. Thanks for replying immediately to any questions.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Harm B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Awesome. We enjoyed our stay very much. Everything was clean and in its place. The sea view from the balcony was breathtaking. Very quiet atmosphere. The agents were very friendly and helpful. I will recommend this place.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Vishnu Ramsunder R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2025

Amazing. Beautiful place, clean, with everything you need for a holiday. We are already planning our next trip there.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Dearest Vishnukumar, thank you so much for sharing your experience. It is much appreciated. You are always welcome, as you were amazing guests.

Amanda D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Ons sal baie graag weer hier wil tuisgaan. Tersia kyk baie mooi na haar gaste. Ons het heerlik gebly. Die uitsig en weer het saamgespeel en ons kort verblyf was baie aangenaam met lekker vermaak deur walvisse en dolfyne. Ons ontvangs was vriendelik en aangenaam en het vir seker gemaak ons is tuis en weet waar alles is. Kom en gaan is baie gerieflik en van kombuis tot slaapkamer, het ons niks kortgekom nie. Kort of lang verblyf, jy het alles in die palm van jou hand. Paradys.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Dankie, dierbare Amanda. So bly julle het julle verblyf geniet. Julle is wonderlike mense. Dit was so 'n plesier om julle te hê. Julle is meer as welkom om weer en weer te kom kuier. Seënwense vir julle liewe mense.

Gerhardus V
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Dit was onbeskryflik lekker gewees om die see die heel tyd te kon sien en hoor. Die plek was 100% gewees. Die sea view is uit die boonste rakke. Ons het dit opreg baie geniet by Cowrie Cove 3 te kon bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Gert, so dankie vir julle. Julle was amazing gaste. So lekker om jul daar te gehad het. Julle is altyd welkom. Seënwense vir julle.

Sugen N
Kort verblyf
5.0
Mrt 2025

Memorable one. Excellent. My family really enjoyed everything about it.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Tersia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf R1 450
35 % AF
R 1 450 R 943
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 450
35 % AF
R 1 450 R 943
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 450
35 % AF
R 1 450 R 943
per nag (plek vir 6)
Bespreek

677 Barracuda Boulevard, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbba925e697935e55c17fb47ef04dd5c1ada8f154bf6b61e6ebc2ba9cf67cead480627ec8416333c9a669b6e2afbd66b56704?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 450 nouVanaf R943 per nag (plek vir 6) 38 5 1 5 677 Barracuda Boulevard Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.58041288794 30.572799141259

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang