+10
Selfsorg in Queenstown

De Oudewerf Guesthouse

  • Slaapplek vir 7 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 65 Berry Street, Queenstown, 5320, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

De Oudewerf Guesthouse was oorspronklik 'n plaashuis en staan al vir 120 jaar in die Queenstown distrik. Vandag word dit omring deur 'n goed versorgde tuin en is met liefde en sorg opgeknap. Die gastehuis is gerieflik naby skole, die hospitaal en die buiteklub geleë.

Die gastehuis is met smaak versier en bied slaapplek in 7 gastekamers en 4 selfsorgkamers, elkeen apart in die tuin geleë. Al die kamers is ingerig met tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale, plafonwaaiers en elektriese kombersies. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, en een van die kamers het ook 'n bad.

Die gastehuis bied 3 patio's met afdakke, 3 braai-areas, 'n swembad en pragtige, rustige tuine waarin gaste kan wandel.

'n Engelse- en kontinentale ontbyt word tussen 07:00 en 09:00 bedien teen addisionele koste. Ontbyt- en middagete-pakkies kan gereël word. Die gholf- en buiteklub en die Gallery Restaurant om die hoek bedien ook maaltye.

Die Wildschutberg Wildtuin spog met 7 renosters met kleintjies, kameelperde én wildsbokke. Forelhengel is 'n groot trekpleister in die omgewing. Daar is ook 'n lughawe vir ligte vliegtuie wat vervoerdienste vanaf Oos-Londen Lughawe (195 km weg) bied. Die gastehuis bied die ideale beginpunt om die prag van die Oos-Kaap, op pad na die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge by Elliot en Maclear, te verken.


Dít is wat jy hier sal kry

Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rob G
Saam met lewensmaat
5.0
Exceptional guesthouse; I would not hesitate to use it again. Well run, pretty, clean guesthouse in a stunning garden setting. I could ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Cobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect. What a surprise, in a good way. The room and the garden were so beautiful. It was very clean and had everything we needed to s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Morag P
Gesin met tieners
5.0
Wonderful. Wonderful, thank you!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Chrizelle B
Gesin met tieners
5.0
Besonderse verblyf in Komani. Ons het die familie kamer bespreek. Alles was 'n heerlike ervaring van aankoms tot ons weer vertrek het. Die gasvrou en ...
Sien meer
Mrt 2025
Philippa V
Saam met lewensmaat
5.0
As above. Comfortable night stopover and good brekkie. Beautiful garden and historic home and decor.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rose Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 65 Berry Street, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
  • Gaste dink De Oudewerf Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 276
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 276
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 276
per nag, vir 2 mense
Bespreek

65 Berry Street, Queenstown, 5320, Oos-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 7 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd76b9b6bf2f11ca210bed75b29f1049b91374568c10dd4c15b8ed9c05d247d1748b5035adb36c4c1b8a43f397397481ca06b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 276 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 65 Berry Street Queenstown 5320 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.893128126765 26.882877186508
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang