Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Oudewerf Guesthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berry-straat 65, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Oudewerf Guesthouse was oorspronklik 'n plaashuis en staan al vir 120 jaar in die Queenstown distrik. Vandag word dit omring deur 'n goed versorgde tuin en is met liefde en sorg opgeknap. Die gastehuis is gerieflik naby skole, die hospitaal en die buiteklub geleë.

Die gastehuis is met smaak versier en bied slaapplek in 7 gastekamers en 4 selfsorgkamers, elkeen apart in die tuin geleë. Al die kamers is ingerig met tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale, plafonwaaiers en elektriese kombersies. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, en een van die kamers het ook 'n bad.

Die gastehuis bied 3 patio's met afdakke, 3 braai-areas, 'n swembad en pragtige, rustige tuine waarin gaste kan wandel.

'n Engelse- en kontinentale ontbyt word tussen 07:00 en 09:00 bedien teen addisionele koste. Ontbyt- en middagete-pakkies kan gereël word. Die gholf- en buiteklub en die Gallery Restaurant om die hoek bedien ook maaltye.

Die Wildschutberg Wildtuin spog met 7 renosters met kleintjies, kameelperde én wildsbokke. Forelhengel is 'n groot trekpleister in die omgewing. Daar is ook 'n lughawe vir ligte vliegtuie wat vervoerdienste vanaf Oos-Londen Lughawe (195 km weg) bied. Die gastehuis bied die ideale beginpunt om die prag van die Oos-Kaap, op pad na die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge by Elliot en Maclear, te verken.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir De Oudewerf Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rose Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 8

Ligging

  • Berry-straat 65, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
  • Gaste dink De Oudewerf Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Queenstown Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berry-straat 65, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyMWE0ODQ0LWFlNTEtNGYzYy04ODc0LWI4ODUyMjI3MmRmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 65 Berry Street Queenstown 5320 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.893128126765 26.882877186508
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem