Pick your preferred language

English

Afrikaans

+12

9 gaste

3 slaapkamers

6 beds

3 badkamers

  • 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 3086 Otter Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Dierehuisie is in die hartjie van Marlothpark en bied 'n perfekte toevlugsoord vir natuurliefhebbers. Dit is net 'n kort entjie se stap vanaf die rustige Krokodilrivier en die geliefde Two Trees-staproete. Vir gaste wat graag verder wil verken, is die Krugerwildtuin net 20 km ver en die Lionspruit Wildreservaat net 5,7 km ver.

Die ruim huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en 'n skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Langs die kombuis is 'n etenstafel met 6 sitplek vir 6. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die onderdakstoep met buitemeubels is die perfekte plek vir gedeelde maaltye of 'n oggendkoffie. Gaste kan ook die voëllewe en talle besoeke van rooibokke, vlakvarke, sebras, koedoes en kameelperde geniet. Daar is 'n plonspoel direk op die stoep met 'n oop sitarea vanwaar die wild besigtig kan word. Saans kan gaste die geroep van hiënas en die brul van leeus hoor terwyl hulle rustig om 'n bosveldvuur sit en kuier. Geniet sorgvrye laeveld-aande om die vuurput of braai op die ingeboude braai onder die lapa.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Charne V
5.0
Onvergeetlik! Die lekkerste, skoonste, mooiste huisie! Van ons daar aangekom het tot ons vertrek was dit fantasties. Die kamers is mooi, die uitleg va...
Sien meer
Aug 2025
Johan V
Saam met vriende
5.0
Gemaklik, veilik, aangenaam en onverbeterlik. Baie beter as wat ek verwag het en ek dink nie iemand kan beter verwag nie. Dit was wonderlik.
Mei 2025
Eugene B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend en ongelooflik mooi. Ongelooflike ondervinding met al die diere om die huis. Die gasvryheid van Gert en Colleen het gevoel of jy nooit weg ...
Sien meer
Feb 2025
Melissa M
Saam met vriende
5.0
Heerlik gebly in hierdie bosveld juweel. Dierehuisie is 'n bosveld juweel. Ten volle toegerus, skoon en gerieflik. Lugversorging en skitter-skoon plon...
Sien meer
Des 2024
Steven M
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Baie netjiese huis. Met goeie ligging en waarde vir geld. Ons verblyf was lekker en sal die huis aanbeveel.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Thelma Elfreda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 3086 Otter Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Dierehuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Inrolstort
Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Ingang en paadjie sonder trappe
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 9)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 9)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 9)
Bespreek

3086 Otter Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga

Sien kaart
  • 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa2710f6f8e70ea4b935f9d1a2c72b50fd8af7095cf1403c3c4dded649b59ea4fcf1e96945d6ff10bd0e41e894ee67a8bbca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 9) 10 5 1 5 3086 Otter Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -25.335940849016 31.801674547865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang