Pick your preferred language

English

Afrikaans

+48
Selfsorg in George's Vallei

Diggersrest Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Paardeplaats H1.1, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo Sien kaart

Beskrywing

Ons wegbreek tussen die berge, Diggersrest Lodge, is bo-op die Magoebaskloof geleë. Ons verblyf is in pragtige tuine weggesteek met ongelooflike uitsigte op die valleie en berge naby aan die prentjiemooi dorpie, Haenertsburg. Dis net 1½ ure van die Krugerwildtuin in Limpopo af. Die akkommodasie word aangebied in 'n groot hoofhuis en 2 kothuise, almal selfsorg. Dit is perfek vir gaste wat huislike akkommodasie benodig in 'n rustige ligging wat tog naby aan die stad is.

Die Main Lodge House het 4 unieke eenhede met en suite-badkamers. Die kamers beskik oor dubbel-, koningingrootte- of enkelbeddens met 'n bad of 'n stort in die en suite-badkamers. Elke eenheid het sy eie yskas, koffie- en teemaakgeriewe, glase en wynglase.

Die 2 kothuise is heeltemal apart van die Main Lodge en dis weggesteek in die welige tuine op die perseel. Die kothuise het 1 of 2 slaapkamers en is toegerus met 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, sowel as 'n aparte toilet. Dié eenhede is ideaal vir klein gesinne of paartjies en dit beskik ook oor 'n toegeruste oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer met 'n kaggel en 'n TV sowel as 'n groot patio.

Gaste kan ook die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe op die perseel geniet en daar is gratis, veilige parkeerplek vir voertuie. Daar is heelwat besienswaardighede en doendinge naby aan Diggersrest Lodge, soos bv. voëlkyk, voetslaan deur die inheemse woude, bergfietsry, visvang, Debengeni-watervalle, boomtop-toere of besoeke aan restaurante en bekoorlike winkeltjies in Haenertsburg. Daar is gratis onbeperkte WiFi regoor die perseel beskikbaar!


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Johannes Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Paardeplaats H1.1, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Diggersrest Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Paardeplaats H1.1, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0ZDAyNzdkLWRiZjUtNDBmNy1iYWE1LTkxN2I2YmFhNWJjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 83 5 1 5 Paardeplaats H1.1 Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.916399252224 30.019643394459

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang