Elephant Walk Guesthouse and Backpackers
- Slaapplek vir 36 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 30 Anna Scheepers Avenue, Phalaborwa, 1389, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Elephant Walk Guesthouse and Backpackers is 'n gewilde B&B en rugsakreisigers net 2 minute van die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek af. Dis 'n stil oornagplek voor gaste die park binnegaan.
Daar is en suite-kamers met wit linne, lugversorging, yskassies, mikrogolwe, koffie- en teemaakgeriewe en TV's met plaaslike kanale. Die kamers word daagliks skoongemaak. Daar is ook sakpas-rugsakreisigerkamers met 2 enkelbeddens, 'n slaapsaal met 10 beddens vir studente of groepe, kampplekke vir gaste met klein tente en gemeenskaplike badkamers. Daar is warm storte, 'n gemeenskaplike kombuis wat ten volle toegerus is, braaigeriewe en 'n swembad. Daar is privaat ingange en veilige parkeerplek.
Ontbyt en ontbytpakkies kan op versoek teen 'n ekstra koste voorsien word. Daar is 'n restaurant net 2 minute se stap van die verblyf af.
Gaste kan 'n kortpad na Mosambiek neem via die Giriyondi-grenspos naby die Letaba-kamp. Daar is verskeie restaurante, banke, winkels en 'n inligtingsentrum naby. Gaste kan die Moholoholo Rehabilitasiesentrum en die Cheetah and Wild Dog Project by Kapama sowat 100 km weg besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 93
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 30 Anna Scheepers Avenue, Phalaborwa, 1389, Limpopo
- Gaste dink Elephant Walk Guesthouse and Backpackers het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
30 Anna Scheepers Avenue, Phalaborwa, 1389, Limpopo
Sien kaart- Slaapplek vir 36 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang