Pick your preferred language

English

Afrikaans

Selfsorg in Kaapse Wynlande

Wagenboom Escape

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.2
Veiligheid
4.8
Ashley M
Kort verblyf
5.0
Apr 2025

The perfect getaway. Absolutely stunning! Breathtaking views, super quiet, pet friendly! My babies enjoyed every moment. I will go back in a heartbeat!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lou-Ann K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2025

Heerlike wegbreek saam die gesin. Absolute wonderlike akkommodasie met alles wat jy benodig. Prentjiemooi en rustig. Die aanwysings was maklik om te volg. Met ons aankoms was ons verras met ’n Kersfeesboom wat opgesit was. Dit het ons Kersfees ekstra spesiaal gemaak. Daar was vars water, ’n sak hout, blitz en ys aan ons verskaf. Daar is ’n wasmasjien, waslyn en genoeg toiletpapier. Ons en die kinders het dit baie geniet. Hierdie is kindervriendelike akkommodasie. Pak ’n bal in en swemklere. Heeldag “splash” en bal skop op die gras. Genoeg veilige hardloopplek. Die perde kom tot by die heining en wil deel wees van die geselligheid. Die beddens slaap hemels; middagslapies was ’n moet. Onthou dat dit ’n plaas is. Daar is vlieë, maar dit het nie ons tyd bederf nie. Baie dankie aan Marzanne, die gasheer, vir jou vriendelikheid en behulpsaamheid. Ons gaan verseker weer kom kuier. Liefde en groete, die Kirsteins.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf
4.2
Okt 2025

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Neels V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2024

Was beslis moeite werd, aanwysings goed, sal vir seker weer gaan. Verblyf was lekker, rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Heinrich V
Kort verblyf Saam met vriende
3.0
Feb 2023

Potesiaal, maar kom met paar probleme. Ons was 4 familielede wat vir 'n naweek wou wegbreek en het op hierdie huis besluit. Die huis was goed ingerig en kan 'n lekker wegbreek wees. Daar was egter ook 'n paar "issues" wat die naweek bietjie versuur het. PROS: Dis 'n lekker ruim huis en is goed ingerig. Die beddegoed is van goeie gehalte. Die erf is groot en ten volle omhein, so dis ideaal vir 'n naweek saam met jou honde. Die kuier-area is baie nice, met 'n braai pit, groot "picnic bench" en sement "splashpool" vir afkoel. CONS: Die aanwysings wat deur die eienaars voorsien was, was uiters onvoldoende. Ek het vir 'n uur rondgery in die donker op soek na die huis, omdat die "pin" my op 'n ander plaasroete geneem het sonder enige manier om by die huis uit te kom. Ek stel voor dat die eienaars die pin stuur van die teerpad af (voor die plaaspad begin) en dan duidelike aanwysings van hoe om van die teerpad tot by die huis te kom. Die eienaars het van ons verwag om die sleutels vir die huis op te tel by die buurplaas. Ons kry toe toevallig die sleutel by een van die werkers wat nog na ure op die plaas rondgehang het. Mens verwag eintlik dat die gasheer/gasvrou minstens vir jou die huis se sleutel op 'n maklike plek los (dis nou as hulle nie self vir jou die huis kom oopmaak nie). Die eerste aand was daar geen warm water nie, siende dat die waterpomp af was en die water druk nie sterk genoeg om die gas geyser te aktiveer nie. Mens kon ook nie bad nie, want die prop seel nie die bad voldoende genoeg nie en die water loop vinniger uit as wat dit inloop. Hierdie is die tipe goed wat enige gasheer/gasvrou moet check voor hulle mense huisves. Die koffie en suiker potte wat vir die gaste bedoel was, was so oud, dat dit klip hard was en al verklont het. Totaal onaanvaarbaar. Ons verstaan hierdie is 'n plaas en 'n plaas het insekte, maar die vlieë was so erg dat mens nie kon slaap nie en die vlieë het ons heel aand wakker gehou. Net 'n mate van 'n "fly catcher" of iets soortgelyks sou alklaar net gewys het dat die eienaars omgee. Dis 'n baie lekker kuierhuis, maar teen hierdie prys is daar net te veel ander plekke binne 2-3 ure van die Kaap af waar mens kan gaan bly waar mens meer welkom sal voel. Hierdie een het ongelukkig 'n bitter smaak gelos.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Jean-pierre F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2022

Elke dag soos 'n Sondag. So stil, net voeltjies. Baie lekker verblyf. Eers gesukkel want GPS neem na verkeerde plaas toe. Eienaar was baie behulpsaam. Die verblyf het al die elemente gehad waarvoor ons gesoek het en meer, grasdakhuis, gerief, stilte. Jy hoor of sien nie enige verkeer, uitsig oor die berge. Wonderlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marzanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 2 300
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 300
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Swellendam Road, Farm Wagenboomheuvel 212 Portion 7, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf803ad7c9fb092f1b452d55f5206996a2fba26361c1f640e9010923aac400845d443dc9d5dce506b724a014671798130f97?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag, vir 8 mense 6 5 1 5 Swellendam Road Farm Wagenboomheuvel 212 Portion 7 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.996064799277 20.212531120993
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang