4 gaste
2 slaapkamers
3 beddens
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - 2 Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Jakaranda woonstel 8 is ‘n pragtige woonstel met 'n uitsig oor die see. Die woonstel is op die grondvloer van 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is 200 m vanaf Uvongo-strand en 100 m vanaf die strandfront.
Dié woonstel het 2 slaapkamers, 'n badkamer, oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n dubbelslaapbank wat ideaal vir kinders is. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met ingeboude kaste. Die badkamer het 'n wasbak, stort en bad.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, ketel, rooster en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die leefarea het 'n LED-TV met sekere DStv-kanale teen 'n ekstra koste.
Die kompleks is veilig met 'n elektriese heining en toegang is deur 'n kodehek wat veilige onderdakparkeerplek verskaf. Daar is ook 2 gemeenskaplike braai-areas, waarvan 1 'n klimraam vir kinders het. Daar is ook 'n ontvangs wat help met wasgoed en skoonmaak indien dit benodig word.
Uvongo is 'n rustige kusdorpie aan KwaZulu-Natal se Hibiscuskus. Besienswaardighede sluit in: Manabastrand wat 2,4 km weg is, St. Michael's on Sea wat 2,7 km weg is en Uvongo Natuurreservaat wat 1 km weg is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Antonie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 2 Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Jakaranda Woonstel 8 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
2 Lilliecrona Boulevard, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang