+16
Selfsorg in Groot-Karoo

Karoo La Villetta

6 gaste

2 slaapkamers

5 beddens

1 badkamer

  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • N1, Rhenosterkop Farm, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Karoo La Villetta is op 'n olyf- en skaapplaas naby Beaufort-Wes en is ideaal vir 'n rustige naweekwegbreek in die Karoo. Dit is sowat 30 km van die dorp af en spog met 'n pragtige uitsig oor die Karoo-vlaktes en Rhenosterkopberg.

Die eenheid is pragtig versier en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir tot 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Elke kamer het lugversorging en linne en handdoeke word voorsien. Elektriese komberse word ook vir koue wintersnagte voorsien. Daar is 2 enkelslaapbanke in die leefarea wat ideaal is vir kinders.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien wat dit maklik maak vir gaste wat 'n bietjie langer wil bly.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n groot kaggel en TV. Daar is ook 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste saam 'n maaltyd kan geniet.

Die kothuis het 'n pragtige stoep met braaigeriewe en 'n Dover-stofie en 'n uitsig oor die Karoo se vlaktes kan van die stoep af geniet word.

Agter die huis is daar 'n boma met 'n kroegtafel, afdak en 'n groot vuurput waar gaste kan braai en saam met vriende of familie onder die sterbelaaide Karoonag kan kuier.

Daar is voetslaanroetes en groot, openbare grondpaaie vir fietsryers wat deur wildkampe omring word.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ina V
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut 'n voorreg om daar te kon oornag. Baie lekker gebly. Karoostilte en sterre hemel baie besonders. Verblyf uit boonste rakke.
Apr 2026
Elmarie P
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelukkig in die mooi Karoo met oop velde ver weg van die stad! Danielle het ons ontvang en die aanwysings gestuur.
Apr 2026
Vernanda K
5.0
’n Baie aangename ervaring met netjiese, goed toegeruste fasiliteite. Incredible mooi verblyf! Ons het dit regtig so baie geniet. Alles was perfek en ...
Sien meer
Apr 2026
Lizette D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige plaas oorbly. Waarde vir geld. Pragtige plekke met die natuur en stilte om ons. Alles was perfek. Baie dankie, vir al jou moeite.
Feb 2026
Hugh G
5.0
I slept through the night for the first time in many years. Everything was amazing: kitchen, bathroom, bedroom, outside fire, braai and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N1, Rhenosterkop Farm, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo La Villetta het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

N1, Rhenosterkop Farm, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8fcf8d55f1a2f1a4285d34fcd7f8b139d138d3f1eb4a348dbb147ee8e93e42518787d17cf0188688c97f3c0265288ae49b34?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag, vir 6 mense 91 5 1 5 N1 Rhenosterkop Farm 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.218890489589 22.860249384866
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang