+12

6 gaste

2 slaapkamers

5 beddens

1 badkamer

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Klein Jongens is 'n ruim selfsorgwoonstel op die onderste verdieping van 'n woonhuis in Jongensfontein. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n wegbreek.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n rusbank in die leefarea wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het net 'n stort. Linne, badhanddoeke en 'n haardroër word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, toebehore, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n klein gasstoof toegerus. Die wasarea is voor die motorhuis geleë en sluit 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser in. 'n Strykyster en -plank is ook beskikbaar.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. 'n Skuifdeur lei na 'n klein houtdek met 'n piekniekbankie en 'n losstaande braai. Die motorhuis het 'n elektriese deur en bied veilige parkeerplek aan 1 voertuig.

Jongensfontein is net 12 km vanaf Stilbaai en is 'n veilige, rustige vakansiedorpie. Dit beskik oor 2 kafees, 'n restaurant, 'n speelarea, 'n buite-gimnasium en 'n kuswandelpad. Dit is ook baie gewild onder branderplankryers, hengelaars en fietsryers. Klein Jongens is net 200 m vanaf die see en stapafstand vanaf die hoofstrand.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Lezani S
Gesin met tieners
5.0
Baie oulik. Baie pragtige plekkie. Daar is alles wat jy benodig en baie mooi skoon.
Mrt 2026
Patrick B
5.0
Rus vir die siel in 'n netjiese woonstel. Baie netjies, ruim en goed toegeruste verblyf. Die gasheer was baie vriendelik en die area is beeldskoon.
Feb 2026
Mareth T
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend! Ek kan Klein Jongens ten sterkste aanbeveel. Ek en my kinders het heerlik daar gebly, alles was so netjies en die plek is met alles toeger...
Sien meer
Nov 2025
Elsa B
Saam met vriende
5.0
Uitstekend. Heerlik! Net te kort. Alle geriewe moontlik was ingesluit.
Sep 2025
Ilze W
5.0
Lekker gekuier. Ons het baie lekker gebly, ek dink net in die toekoms as daar ander mense ook gaan parkeer, gaan dit 'n groot probleem wees, omdat ons...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Susarah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klein Jongens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 350
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04143dc7fed46cb33f9b9d424dc8fa03bdcdfd59746f15df9e90e408f3c059d0bfcca219226bce0daeefa5d3196bfbdf222d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag, vir 6 mense 6 5 1 5 Seebries Avenue 3 Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.42780847802 21.335172315344

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang