Beskrywing
Kliphuisie (Ons kleinste kothuis) bied luukse selfsorgverblyf vir 2x persone ideaal vir 'n paartjie. Die slaapkamer bied 'n gemaklike dubbelbed, sitarea en 'n en suite-badkamer met 'n blikbad, stort, wasbak en toilet. Verder bied die kothuis lugversorging in die slaapkamer en sitarea. In die somer is die bed oorgetrek met perkallinne en in die winter met winterlakens, komberse en elektriese komberse. Die goed toegeruste koffiestasie se toerusting sluit in 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, lugbraaier en 'n kroegyskassie. Daar is 'n slim-TV in die slaapkamer/sitarea, met Netflix, sowel as Stay Essential DSTV-kanale en onbeperkte WiFi. Die kothuis het ‘n onderdak dek met geboude braai met 'n tafel met 2x stoele asook ‘n sitarea met ‘n uitsig oor die tuin. Badhanddoeke en 'n haardroër word voorsien. Klipperant is omhein met elektriese heinings en daar is 'n veilige parkeerarea vir een voertuig. Klipperant is toegerus met 'n 20 KVA outomatiese kragopwekker sowel as noodwater. Let asseblief daarop dat hierdie 'n NIE-ROOK of VAPING-fasiliteit is. Connex rookalarm is ge-installeer in kothuis.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Stort-oor-bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Nutsdienste & kantoorgeriewe
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Tariewe wat vertoon word, is op 'n selfsorgbasis met verhit-en-eet-geriewe. Die geriewe sluit 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en lugbraaier in.
Huisreëls
Klipperant is 'n rook- en vape-vrye omgewing; rook en vape binnenshuis word nie toegelaat nie.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Slegs gesinne, paartjies of verteenwoordigers word geakkommodeer. Matriek- of studentegroepe, vrygeselpartytjies en damesnaweke word nie aanvaar nie.
Kontrakteurs word nie toegelaat nie.
Een aangewese parkeerplek is per eenheid beskikbaar.
Geen besoekers word toegelaat nie; slegs bespreekte gaste word toegelaat. Maksimum besetting: 2 gaste vir Stadsjapie en 4 gaste vir Plaasjapie.
Die eiendom het 'n kragopwekker vir gebruik tydens beurtkrag.
Kansellasiebeleid - Gaaf
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Stadsjapie is ideaal vir ‘n paartjie en sake-reisigers en ia toegerus met 'n dubbelbed in die slaapkamer en slaapbank in leefarea. Die in-suite badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, is toegerus met badlakens handdoeke en noodsaaklike toiletware. Die bed en slaapbank word oorgetrek met parkale linne, in die winter met winterslakens, -kombers en slegs bed met elektriese kombers. Haardroër word voorsien. Die kamer en leefarea het lugversorging sowel as 'n verwarmerwaaier. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Strykyster en -plank asook skoonmaakmiddels word verskaf. Die leefarea beskik oor lugversorging, 'n slaapbank waar 'n kind onder 12 teen ekstra koste kan slaap, en 'n etenstafel met 2 stoele (wat op versoek met 'n lessenaar en stoel vervang kan word). Dit het ook 'n slim-TV met Netflix- en Stay Essential DStv-kanale. Gaste geniet ook gratis WiFi. Die privaat toegeboude stoep met 'n plafonwaaier en oopvou vensters sluit braaigeriewe, 'n sitarea met 2 stoele, tafel en 4 stoele met pragtige uitsigte oor die tuin in. L.W. Klipperant is ‘n rook en “vaping”-vrye omgewing en is toegerus met Connex rookalarm.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Gesin & troeteldiere
Kombuis & eetkamer
Nutsdienste & kantoorgeriewe
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Klipperant is 'n rook- en vape-vrye omgewing; rook en vape binnenshuis word nie toegelaat nie.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Slegs gesinne, paartjies of verteenwoordigers word geakkommodeer. Matriek- of studentegroepe, vrygeselpartytjies en damesnaweke word nie aanvaar nie.
Kontrakteurs word nie toegelaat nie.
Een aangewese parkeerplek is per eenheid beskikbaar.
Geen besoekers word toegelaat nie; slegs bespreekte gaste word toegelaat. Maksimum besetting: 2 gaste vir Stadsjapie en 4 gaste vir Plaasjapie.
Die eiendom het 'n kragopwekker vir gebruik tydens beurtkrag.
Kansellasiebeleid - Gaaf
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Plaasjapie bied slaapplek vir 4 gaste, ideaal gesproke 'n gesin. Die leefarea beskik oor 'n koningingrootte bed met 'n en suite-badkamer, terwyl die solder 2 driekwartbeddens en 'n matras vir 1 kind onder 12 teen 'n ekstra koste insluit. Beddens word opgemaak met perkallinne, winterlakens en komberse in die kouer maande, en elektriese komberse word voorsien. 'n Haardroër en noodsaaklike toiletware is ingesluit. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en sluit badlakens en handdoeke in. Die eenheid het lugversorging en 'n verwarmerwaaier. Die volledig toegeruste kombuis beskik oor 'n gasstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas, en tee- en koffiemaakgeriewe, met 'n strykyster, strykplank en basiese skoonmaakprodukte wat voorsien word. Die sitarea sluit 2 stoele, 'n slim-TV met Netflix en Stay Essential DStv-kanale, en gratis WiFi in. Gaste kan 'n privaat toegeboude stoep met oopvouvensters, 'n plafonwaaier, braaigeriewe, ‘n tafel met 6 stoele, en 'n sitarea met 'n bank en 2 stoele wat oor die tuin uitkyk, geniet. Jammer Klipperant is ‘n nie-rook en geen “vaping” omgewing. Connex rook-alarm in kothuise ge-installeer.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Stort, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Gesin & troeteldiere
Kombuis & eetkamer
Nutsdienste & kantoorgeriewe
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Klipperant is 'n rook- en vape-vrye omgewing; rook en vape binnenshuis word nie toegelaat nie.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Slegs gesinne, paartjies of verteenwoordigers word geakkommodeer. Matriek- of studentegroepe, vrygeselpartytjies en damesnaweke word nie aanvaar nie.
Kontrakteurs word nie toegelaat nie.
Een aangewese parkeerplek is per eenheid beskikbaar.
Geen besoekers word toegelaat nie; slegs bespreekte gaste word toegelaat. Maksimum besetting: 2 gaste vir Stadsjapie en 4 gaste vir Plaasjapie.
Die eiendom het 'n kragopwekker vir gebruik tydens beurtkrag.
Kansellasiebeleid - Gaaf
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
10 Lilyvale Road, Rayton Smallholdings, Bloemfontein, 9332, Vrystaat
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 8 gaste
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang