- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes Sien kaart
Beskrywing
La Vie Gastehuis bied bekostigbare oornagverblyf in 'n bekoorlike gastehuis en is geleë in 'n rustige voorstad van Rustenburg.
Die gastehuis bied slaapplek vir altesaam 8 gaste in 4 aparte eenhede met verhit-en-eetgeriewe. Slegs 3 van die 4 eenhede het kookgeriewe beskikbaar.
Eden Rose is ingerig met 2 enkelbeddens en die badkamer is toegerus met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die eenheid het lugversorging, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n TV met geselekteerde DStv-kanale.
Aloe het lugversorging en is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid beskik oor 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as 'n TV met geselekteerde DStv-kanale.
Spelde Kussing is ingerig met 1 dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is 'n klein kombuisie toegerus met 'n yskassie, broodrooster, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie eenheid het geen kookgeriewe nie.
Suikerbos is gemeubileer met 2 enkelbeddens, 'n waaier en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Gratis toiletware en badhanddoeke word voorsien. Die kamer beskik oor 'n TV met hotelpakket DStv-kanale, 'n privaat ingang en 'n kombuisie met kookgeriewe. WiFi is ook beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad vir ontspanning en afkoeling. Veilige parkering van die straat af is beskikbaar vir 1 voertuig per kamer. Die perseel is baie veilig omhein met elektriese heinings en sekuriteitsbalke rondom, sowel as 'n hek vir voertuie.
Nabygeleë besienswaardighede sluit in Sun City, Hunters Rest Gholfbaan, Rustenburg Kloof, Kgaswane Bergreservaat, Sparkling Waters Spa en Waterfall Mall. La Vie Gastehuis is langs die N4-snelweg geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Felicity Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 98
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Gaste dink La vie Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
Sien kaart- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang