Pick your preferred language

English

Afrikaans

+30
Gastehuis in Harrismith

Lali's Guest House

10% AF!
Op die Nippertjie-aanbod
Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2026 tot 31 Jan 2026.
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 86 Stuart Street, Harrismith, 9880, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

Lali's Guest House is in 'n stil woonbuurt aan die voet van Platberg in die rustige dorpie Harrismith geleë en bied gerieflike verblyf in 'n pragtige Victoriaanse huis.

Die huis is in die vroeë 1940's gebou en spog met oorspronklike oregonhoutvloere en 'n regte Ouma-se-huis-atmosfeer. Dit is later as 'n sendinghuis vir die leraar van die plaaslike NG Kerk gebruik. Die gastehuis is ideaal geleë as 'n halfpadstop tussen Johannesburg en Durban.

Verblyf word in 6 gastekamers gebied, wat elk met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, tee, koffie, beskuit, klerekas, lessenaar en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad toegerus is. Een van die kamers het 'n stort en 'n bad. Elektriese komberse en verwarmers word in elke kamer voorsien, en 2 van die kamers is vir selfsorg toegerus en sluit 'n oondjie en tweeplaatstoof in.

Die kamers is smaakvol gemeubileer en versier om die atmosfeer van die huis te komplementeer. Drie van die kamers bied toegang tot die tuin waar gaste heerlike eet- en drinkgoed uit die kombuis kan geniet.

'n Volledige Engelse/Ierse of 'n vegetariese ontbyt kan teen 'n ekstra koste bedien word.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Dawie J
Saam met lewensmaat
5.0
Sommer met aankoms is ons vriendelik ontvang en alles is baie mooi verduidelik. Baie lekker gebly in 'n lieflike, ruim kamer met alles wat nodig is en...
Sien meer
Des 2025
Mariette S
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Ons het net oornag. Maar dit was rustig en skoon en ons het lekker geslaap.
Des 2025
Angela D
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was ek, my man en 'n 3-jarige kind, so heerlik gebly. Baie, baie lekker, dankie.
Nov 2025
Rene S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal regtig weer daar oor slaap, baie dankie. Ons het so lekker oor geslaap. Pragtige kamer, en alles wat ons nodig gehad het.
Nov 2025
Gavin R
Saam met vriende
5.0
Awesome. It was just what we needed close to the bowling tournament, safe, clean and very good.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 253

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 86 Stuart Street, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Lali's Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
10 % AF
R 700 R 630
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R700
10 % AF
R 700 R 630
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R700
10 % AF
R 700 R 630
per nag, vir 2 mense
Bespreek

86 Stuart Street, Harrismith, 9880, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4ade8313b87527e0967dddf165f250418e917306d826ffe3f9c04b11bfc6776c151d92615e1eb6d32169c011e39168ce2d67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R630 per nag, vir 2 mense 59 5 1 5 86 Stuart Street Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -28.2771717 29.1346111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang