4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 456 Akasia Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Larima Bush Retreat is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis met 'n grasdak op die Hoedspruit Wildlife Estate in Hoedspruit en dit dien as die ideale basis vanwaar die Panorama-roete, die Krugerwildtuin, en ander besienswaardighede en aktiwiteite in die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo verken kan word.
Die huis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed, lugversorging, en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet, wasbak en 'n buitestort. Die tweede slaapkamer is bo en het 2 enkelbeddens, lugversorging, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer lei na die balkon waar gaste skemerkelkies kan geniet en wildkyk.
Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels, 'n plonspoel en sonstoele. Die huis het 'n vuurput met sitplek, en 'n ingeboude braai.
Larima Bush Retreat gebruik sonkrag en het 'n omsetterstelsel wat ononderbroke kragtoevoer verseker.
Gaste kan in hul eie voertuie op 'n wildrit gaan of by die 2 uitkykpunte gaan voëlkyk. Aktiwiteite in die omgewing sluit bergfietsry, stap, perdry, en 'n spa in. Daar is ook galerye, winkels en kroeë in Hoedspruit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mgr Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 21
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 456 Akasia Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Larima Bush Retreat het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
456 Akasia Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang