6 gaste
4 slaapkamers
6 beds
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 100 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Leadwood 100 is in Wavecrest, Jeffreysbaai, geleë en is 'n ruim selfsorgvakansiehuis met lieflike uitsigte oor die see, kloof en berge. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinswegbreek of 'n groep vriende aangesien dit net 800 m van die strand af geleë is.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 driekwartbeddens het. Die gastebadkamer bad, stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het slegs 'n aparte buite-ingang en word as 'n waskamer gebruik, maar beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beslaan die boonste vlak en beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Boonop is daar 'n omheinde patio met nog 'n etenstafel en 'n sitarea.
Die hoofleefarea maak oop op die boonste balkon wat onderdak is en 'n ingeboude braai insluit en is 'n ideale plek vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis op die perseel. Hierdie elektriese omheinde eiendom is 1 km vanaf plaaslike winkels en restaurante geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Martiens Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 100 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Leadwood 100 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
100 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang